|
|
|
|
|
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
Job 37
|
1 |
Ja, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek. |
2 |
Luister, luister na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan. |
3 |
Onder die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde. |
4 |
Daarna brul sy stem, Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie. |
5 |
God donder wonderbaar met sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is. |
6 |
Want Hy gebied die sneeu: Val op die aarde! Ook die stortreën, ja, sy geweldige stortreëns. |
7 |
Hy verseël die hand van elke mens in die winter, sodat tot kennis kan kom al die mense wat Hy gemaak het. |
8 |
Dan gaan die wilde diere in skuilhoeke en bly in hulle lêplekke. |
9 |
Uit sy kamer kom die stormwind, en deur die wolkverstrooiers koue. |
10 |
Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in die engte. |
11 |
Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk; |
12 |
en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond: |
13 |
of tot 'n tugroede, of tot nut van sy aarde, of tot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind. |
14 |
Luister hierna, o Job! Staan stil en gee ag op die wonders van God. |
15 |
Begryp u hoe God hulle bevel gee en die lig van sy wolk laat flikker? |
16 |
Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in kennis? |
17 |
U, wie se klere warm word as die aarde stil is vanweë die suidewind -- |
18 |
kan u saam met Hom die hemel uitbrei wat vas is soos 'n gegote spieël? |
19 |
Onderrig ons wat ons aan Hom moet sê: ons kan niks voorbring vanweë die duisternis nie. |
20 |
Moet dit Hom vertel word dat ek wil spreek? Of het iemand ooit gesê dat hy vernietig wil word? |
21 |
En nou, 'n mens kan die lig nie aansien wat helder is in die hemel as die wind verbygegaan en dit skoongemaak het nie. |
22 |
Uit die Noorde kom goud te voorskyn, maar oor God is daar ontsagwekkende majesteit. |
23 |
Die Almagtige -- ons vind Hom nie; Hy is groot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie. |
24 |
Daarom vrees die mense Hom; almal wat eiewys is, sien Hy nie aan nie. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Job 37:1 |
Job 37:2 |
Job 37:3 |
Job 37:4 |
Job 37:5 |
Job 37:6 |
Job 37:7 |
Job 37:8 |
Job 37:9 |
Job 37:10 |
Job 37:11 |
Job 37:12 |
Job 37:13 |
Job 37:14 |
Job 37:15 |
Job 37:16 |
Job 37:17 |
Job 37:18 |
Job 37:19 |
Job 37:20 |
Job 37:21 |
Job 37:22 |
Job 37:23 |
Job 37:24 |
Job 1 / Job 1 |
Job 2 / Job 2 |
Job 3 / Job 3 |
Job 4 / Job 4 |
Job 5 / Job 5 |
Job 6 / Job 6 |
Job 7 / Job 7 |
Job 8 / Job 8 |
Job 9 / Job 9 |
Job 10 / Job 10 |
Job 11 / Job 11 |
Job 12 / Job 12 |
Job 13 / Job 13 |
Job 14 / Job 14 |
Job 15 / Job 15 |
Job 16 / Job 16 |
Job 17 / Job 17 |
Job 18 / Job 18 |
Job 19 / Job 19 |
Job 20 / Job 20 |
Job 21 / Job 21 |
Job 22 / Job 22 |
Job 23 / Job 23 |
Job 24 / Job 24 |
Job 25 / Job 25 |
Job 26 / Job 26 |
Job 27 / Job 27 |
Job 28 / Job 28 |
Job 29 / Job 29 |
Job 30 / Job 30 |
Job 31 / Job 31 |
Job 32 / Job 32 |
Job 33 / Job 33 |
Job 34 / Job 34 |
Job 35 / Job 35 |
Job 36 / Job 36 |
Job 37 / Job 37 |
Job 38 / Job 38 |
Job 39 / Job 39 |
Job 40 / Job 40 |
Job 41 / Job 41 |
Job 42 / Job 42 |
|
|
|
|
|