1 |
En El¡hu het voortgegaan en gesê: |
2 |
Wag 'n bietjie op my, en ek sal u inlig; want daar is nog genoeg te sê tot eer van God. |
3 |
Ek sal my kennis van ver af ophaal en aan my Skepper reg verskaf. |
4 |
Want waarlik, my woorde is geen leuens nie; een wat volkome is in kennis, is by u. |
5 |
Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie -- geweldig deur krag van verstand. |
6 |
Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg. |
7 |
Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is. |
8 |
Maar as hulle in kettings geklink is, gevang word in bande van ellende, |
9 |
dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was; |
10 |
dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid. |
11 |
As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid. |
12 |
Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis. |
13 |
Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie. |
14 |
So sterwe dan hulle siel in die jeug en hulle lewe soos die van skandseuns. |
15 |
Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking. |
16 |
So lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na 'n onbeperkte ruimte en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vetspys. |
17 |
Maar u is vol van die oordeel oor die goddelose: oordeel en strafgerig sal u aangryp. |
18 |
Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie. |
19 |
Sal Hy u geroep om hulp voorbring waar daar geen nood is nie, en alle moontlike kragsinspanning van u? |
20 |
Smag nie na die oordeelsnag wat volke wegneem uit hulle plek nie. |
21 |
Neem u in ag, wend u nie tot ongeregtigheid nie; want dit verkies u liewer as ellende. |
22 |
Kyk, God handel verhewe in sy krag; wie is 'n leermeester soos Hy? |
23 |
Wie het Hom sy weg voorgeskrywe? En wie het gesê: U het onreg gedoen? |
24 |
Dink daaraan dat u sy werk moet verheerlik waar die mense van sing. |
25 |
Al die mense sien dit met welgevalle aan, die sterfling aanskou dit van ver. |
26 |
Kyk, God is groot en onbegryplik vir ons; die getal van sy jare is onnaspeurlik. |
27 |
Want Hy trek waterdruppels af; hulle sif neer by sy mistige weer as reën |
28 |
wat die wolke laat neerstroom, laat afdrup op baie mense. |
29 |
Ja, kan iemand die uitspreiding van die wolke verstaan, die gekraak van sy hut? |
30 |
Kyk, Hy sprei sy lig oor Hom uit, en die dieptes van die see oordek Hy. |
31 |
Want daarmee oordeel Hy die volke, gee Hy voedsel in oorvloed. |
32 |
Altwee sy hande oordek Hy met weerlig en gee daaraan bevel teen die aanvaller. |
33 |
Sy donderstem kondig Hom aan, die vee selfs dat Hy optrek.
|
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Job 36:1 |
Job 36:2 |
Job 36:3 |
Job 36:4 |
Job 36:5 |
Job 36:6 |
Job 36:7 |
Job 36:8 |
Job 36:9 |
Job 36:10 |
Job 36:11 |
Job 36:12 |
Job 36:13 |
Job 36:14 |
Job 36:15 |
Job 36:16 |
Job 36:17 |
Job 36:18 |
Job 36:19 |
Job 36:20 |
Job 36:21 |
Job 36:22 |
Job 36:23 |
Job 36:24 |
Job 36:25 |
Job 36:26 |
Job 36:27 |
Job 36:28 |
Job 36:29 |
Job 36:30 |
Job 36:31 |
Job 36:32 |
Job 36:33 |
|
|
|
|
|
|
Job 1 / Job 1 |
Job 2 / Job 2 |
Job 3 / Job 3 |
Job 4 / Job 4 |
Job 5 / Job 5 |
Job 6 / Job 6 |
Job 7 / Job 7 |
Job 8 / Job 8 |
Job 9 / Job 9 |
Job 10 / Job 10 |
Job 11 / Job 11 |
Job 12 / Job 12 |
Job 13 / Job 13 |
Job 14 / Job 14 |
Job 15 / Job 15 |
Job 16 / Job 16 |
Job 17 / Job 17 |
Job 18 / Job 18 |
Job 19 / Job 19 |
Job 20 / Job 20 |
Job 21 / Job 21 |
Job 22 / Job 22 |
Job 23 / Job 23 |
Job 24 / Job 24 |
Job 25 / Job 25 |
Job 26 / Job 26 |
Job 27 / Job 27 |
Job 28 / Job 28 |
Job 29 / Job 29 |
Job 30 / Job 30 |
Job 31 / Job 31 |
Job 32 / Job 32 |
Job 33 / Job 33 |
Job 34 / Job 34 |
Job 35 / Job 35 |
Job 36 / Job 36 |
Job 37 / Job 37 |
Job 38 / Job 38 |
Job 39 / Job 39 |
Job 40 / Job 40 |
Job 41 / Job 41 |
Job 42 / Job 42 |