1 |
Verder het El¡hu aangehef en gesê: |
2 |
Hoor my woorde, o wyse manne! En luister na my, u wat kennis het! |
3 |
Want die oor toets woorde soos die verhemelte die spys proe. |
4 |
Laat ons vir onsself uitmaak wat reg is, en onder mekaar uitvind wat goed is. |
5 |
Want Job het gesê: Ek is regverdig, en God het my my reg ontneem. |
6 |
Ondanks my reg staan ek as leuenaar; ongeneeslik is my pylwond, en dit sonder oortreding! |
7 |
Waar is 'n man soos Job wat godslastering drink soos water? |
8 |
Wat in die geselskap loop van die werkers van ongeregtigheid en wandel saam met goddelose mense? |
9 |
Want hy het gesê: Dit baat 'n man niks dat hy 'n welgevalle aan God het nie. |
10 |
Daarom, manne van verstand, luister na my: Ver is God van goddeloosheid en die Almagtige van onreg! |
11 |
Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, en volgens 'n man se wandel laat Hy hom ondervind. |
12 |
Ja waarlik, God handel nie onregverdig nie, en die Almagtige verdraai nie die reg nie. |
13 |
Wie het aan Hom die aarde toevertrou, en wie het die hele wêreld gegrond? |
14 |
As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek, |
15 |
dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer. |
16 |
As daar dan verstand by u is, hoor dit; luister na die stem van my woorde. |
17 |
Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel? |
18 |
Durf iemand aan 'n koning sê: Jou deugniet! Aan die edeles: Jou goddelose! |
19 |
Hoeveel minder aan Hom wat die vorste nie voortrek nie en op die vername nie meer ag gee as op die arme nie; want hulle almal is die werk van sy hande. |
20 |
In 'n oomblik sterf hulle, en in die middel van die nag word 'n volk in beroering gebring en hulle gaan onder, en die magtige word weggedryf -- nie deur 'n hand nie. |
21 |
Want sy oë is op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe. |
22 |
Daar is geen duisternis en daar is geen diepe donkerheid waarin die werkers van ongeregtigheid hulle kan wegsteek nie. |
23 |
Want Hy hoef nie lank op 'n mens ag te gee, dat hy voor God in die gereg sou gaan nie. |
24 |
Hy verpletter die geweldiges sonder ondersoek en sit ander in hulle plek. |
25 |
So ken Hy dan hulle werke en werp hulle omver in die nag, sodat hulle verbrysel word. |
26 |
Hy straf hulle soos goddelose op die plek waar almal dit sien, |
27 |
omdat hulle van Hom afgewyk en op geeneen van sy weë ag gegee het nie -- |
28 |
om die geroep van die arme na Hom te laat kom, en dat Hy die geroep van die ellendiges sou hoor. |
29 |
En gee Hy rus, wie durf Hom dan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou? -- of dit al 'n nasie betref of 'n mens, almal saam; |
30 |
sodat die goddelose mense nie sal regeer, sodat hulle geen strikke vir die volk sal wees nie. |
31 |
Want sê iemand wel tot God: Ek boet sonder dat ek sleg handel; |
32 |
wat ek nie insien nie, leer U my dit;s ek onreg gedoen het, ek sal dit nie meer doen nie -- |
33 |
moet Hy volgens u mening tog vergelding doen? U is mos ontevrede, sodat u moet sê wat beter is, en nie ek nie! Wat u dan weet -- spreek dit uit! |
34 |
Manne van verstand sal vir my sê, en 'n wyse man wat my aanhoor: |
35 |
Job spreek sonder kennis, en sy woorde is sonder verstand. |
36 |
Ag, mag Job getoets word tot die einde toe weens die antwoorde in die trant van kwaaddoeners. |
37 |
Want hy voeg 'n oortreding by sy sonde; onder ons spreek hy smadelik en vermenigvuldig sy woorde teen God. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Job 34:1 |
Job 34:2 |
Job 34:3 |
Job 34:4 |
Job 34:5 |
Job 34:6 |
Job 34:7 |
Job 34:8 |
Job 34:9 |
Job 34:10 |
Job 34:11 |
Job 34:12 |
Job 34:13 |
Job 34:14 |
Job 34:15 |
Job 34:16 |
Job 34:17 |
Job 34:18 |
Job 34:19 |
Job 34:20 |
Job 34:21 |
Job 34:22 |
Job 34:23 |
Job 34:24 |
Job 34:25 |
Job 34:26 |
Job 34:27 |
Job 34:28 |
Job 34:29 |
Job 34:30 |
Job 34:31 |
Job 34:32 |
Job 34:33 |
Job 34:34 |
Job 34:35 |
Job 34:36 |
Job 34:37 |
Job 1 / Job 1 |
Job 2 / Job 2 |
Job 3 / Job 3 |
Job 4 / Job 4 |
Job 5 / Job 5 |
Job 6 / Job 6 |
Job 7 / Job 7 |
Job 8 / Job 8 |
Job 9 / Job 9 |
Job 10 / Job 10 |
Job 11 / Job 11 |
Job 12 / Job 12 |
Job 13 / Job 13 |
Job 14 / Job 14 |
Job 15 / Job 15 |
Job 16 / Job 16 |
Job 17 / Job 17 |
Job 18 / Job 18 |
Job 19 / Job 19 |
Job 20 / Job 20 |
Job 21 / Job 21 |
Job 22 / Job 22 |
Job 23 / Job 23 |
Job 24 / Job 24 |
Job 25 / Job 25 |
Job 26 / Job 26 |
Job 27 / Job 27 |
Job 28 / Job 28 |
Job 29 / Job 29 |
Job 30 / Job 30 |
Job 31 / Job 31 |
Job 32 / Job 32 |
Job 33 / Job 33 |
Job 34 / Job 34 |
Job 35 / Job 35 |
Job 36 / Job 36 |
Job 37 / Job 37 |
Job 38 / Job 38 |
Job 39 / Job 39 |
Job 40 / Job 40 |
Job 41 / Job 41 |
Job 42 / Job 42 |
|
|
|
|
|