1 |
Toe het die drie manne opgehou om Job te antwoord, omdat hy in sy eie oë regverdig was. |
2 |
En die toorn van El¡hu, die seun van Bar geël, die Busiet, uit die geslag van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself regverdig beskou het voor God. |
3 |
Sy toorn het ook ontvlam teen sy drie vriende, omdat hulle geen antwoord gevind het nie en Job veroordeel het. |
4 |
Maar El¡hu het op Job gewag met sy woorde, omdat hulle ouer was as hy. |
5 |
Maar toe El¡hu sien dat daar geen antwoord was in die mond van die drie manne nie, het sy toorn ontvlam. |
6 |
En El¡hu, die seun van Bar geël, die Busiet, het begin en gesê: Ek is jonk, en u is hoogbejaard; daarom was ek beskroomd en het gevrees om my kennis aan u mee te deel. |
7 |
Ek het gesê: Laat die dae spreek en die veelheid van jare wysheid te kenne gee. |
8 |
Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak. |
9 |
Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan wat reg is nie. |
10 |
Daarom sê ek: Luister na my; ek wil ook my kennis meedeel. |
11 |
Kyk, ek het gewag op u woorde; ek wou luister na verstandige taal van u, totdat u die regte woorde uitgevind het. |
12 |
En ek het op u ag gegee; maar kyk: daar was niemand wat Job weerlê het nie, niemand van u wat sy woorde beantwoord het nie. |
13 |
Sê maar net nie: Ons het wysheid aangetref, God alleen kan hom verslaan, geen mens nie. |
14 |
Teen my tog het hy geen woorde ingebring nie; en met u redeneringe sal ek hom nie beantwoord nie. |
15 |
Hulle staan verslae; hulle antwoord nie meer nie; die woorde laat hulle in die steek. |
16 |
Sal ek dan wag, omdat hulle nie spreek nie, omdat hulle daar staan sonder antwoord? |
17 |
Ek wil ook my deel antwoord; ek wil ook my kennis meedeel. |
18 |
Want ek is vol woorde; die gees in my binneste dring my. |
19 |
Kyk, my binneste is soos wyn wat geen opening het nie, soos nuwe leersakke wil dit bars. |
20 |
Ek wil spreek om lug te kry, my lippe oopmaak en antwoord gee. |
21 |
Ek wil nie partydig wees nie; en 'n mens vlei, sal ek nie. |
22 |
Want ek verstaan nie om te vlei nie; gou sou my Maker my wegneem!
|
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |