1 |
Ek het 'n verbond gesluit met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op 'n jonkvrou? |
2 |
Wat tog is die lot wat God daarbo beskik, en die erfdeel van die Almagtige uit die hoogtes -- |
3 |
is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van ongeregtigheid nie? |
4 |
Sien Hy nie my weë nie, en tel Hy nie al my voetstappe nie? |
5 |
As ek met leuens omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog: |
6 |
laat Hy my dan weeg op 'n regte weegskaal, sodat God my onskuld kan weet! |
7 |
As my gang afgewyk het van die weg en my hart agter my oë aangegaan het en aan my hande 'n vlek gekleef het -- |
8 |
laat my dan saai en iemand anders eet, en laat my uitspruitsels ontwortel word. |
9 |
As my hart verlok was oor 'n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste -- |
10 |
laat dan my vrou vir iemand anders maal en ander hulle oor haar buig. |
11 |
Want dit is 'n skandelike daad, en dit is 'n strafbare misdaad. |
12 |
Ja, dit is 'n vuur wat tot by die plek van vertering toe vreet en al my opbrings sou ontwortel. |
13 |
As ek gering geag het die reg van my slaaf of van my slavin toe hulle 'n geskil met my gehad het -- |
14 |
wat sou ek dan doen as God opstaan? En wat Hom antwoord as Hy ondersoek doen? |
15 |
Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie? En het Een ons nie in die geboorte toeberei nie? |
16 |
As ek die armes 'n versoek geweier het en die oë van die weduwee laat versmag het |
17 |
en my stukkie brood alleen geëet het sonder om die wees daarvan te laat saameet; |
18 |
*** |
19 |
as ek iemand sien omkom het sonder klere en dat daar geen bedekking vir die behoeftige was nie; |
20 |
as sy lendene my nie geseënen hy hom nie warm gemaak het van die skeersel van my lammers nie; |
21 |
as ek my hand teen 'n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het -- |
22 |
laat dan my skouer uit sy gewrig val en my arm van sy pyp afgebreek word. |
23 |
Want die ondergang wat God bewerk, was 'n skrik vir my; en weens sy hoogheid was ek onmagtig. |
24 |
As ek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue! |
25 |
As ek bly gewees het, omdat my vermoë groot was en my hand baie verwerf het; |
26 |
as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan, |
27 |
en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand hulle 'n kus toegewerp het -- |
28 |
ook dit sou 'n strafbare misdaad wees, want ek sou God daarbo verloën het. |
29 |
As ek bly was oor die ongeluk van my hater en uitgejubel het toe onheil hom getref het; |
30 |
*** |
31 |
as die mense in my tent nie gesê het: Wie kan iemand vind wat van sy vleesspys nie versadig is nie? |
32 |
*** |
33 |
as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek, |
34 |
omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie! |
35 |
Ag, as iemand my maar wou aanhoor! Kyk hier my handtekening laat die Almagtige my antwoord! en die skrif wat my teëparty geskrywe het! |
36 |
Waarlik, op my skouer sou ek dit dra; ek sou dit my ombind as 'n krans. |
37 |
Die getal van my voetstappe sou ek Hom te kenne gee; as 'n vors sou ek na Hom toe aankom. |
38 |
As my saailand my aanklaag en sy vore almal saam ween; |
39 |
as ek sy opbrings geëet het sonder betaling en die lewe van sy eienaars uitgeblaas het -- |
40 |
laat dan distels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars. Hier eindig die woorde van Job. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Job 31:1 |
Job 31:2 |
Job 31:3 |
Job 31:4 |
Job 31:5 |
Job 31:6 |
Job 31:7 |
Job 31:8 |
Job 31:9 |
Job 31:10 |
Job 31:11 |
Job 31:12 |
Job 31:13 |
Job 31:14 |
Job 31:15 |
Job 31:16 |
Job 31:17 |
Job 31:18 |
Job 31:19 |
Job 31:20 |
Job 31:21 |
Job 31:22 |
Job 31:23 |
Job 31:24 |
Job 31:25 |
Job 31:26 |
Job 31:27 |
Job 31:28 |
Job 31:29 |
Job 31:30 |
Job 31:31 |
Job 31:32 |
Job 31:33 |
Job 31:34 |
Job 31:35 |
Job 31:36 |
Job 31:37 |
Job 31:38 |
Job 31:39 |
Job 31:40 |
Job 1 / Job 1 |
Job 2 / Job 2 |
Job 3 / Job 3 |
Job 4 / Job 4 |
Job 5 / Job 5 |
Job 6 / Job 6 |
Job 7 / Job 7 |
Job 8 / Job 8 |
Job 9 / Job 9 |
Job 10 / Job 10 |
Job 11 / Job 11 |
Job 12 / Job 12 |
Job 13 / Job 13 |
Job 14 / Job 14 |
Job 15 / Job 15 |
Job 16 / Job 16 |
Job 17 / Job 17 |
Job 18 / Job 18 |
Job 19 / Job 19 |
Job 20 / Job 20 |
Job 21 / Job 21 |
Job 22 / Job 22 |
Job 23 / Job 23 |
Job 24 / Job 24 |
Job 25 / Job 25 |
Job 26 / Job 26 |
Job 27 / Job 27 |
Job 28 / Job 28 |
Job 29 / Job 29 |
Job 30 / Job 30 |
Job 31 / Job 31 |
Job 32 / Job 32 |
Job 33 / Job 33 |
Job 34 / Job 34 |
Job 35 / Job 35 |
Job 36 / Job 36 |
Job 37 / Job 37 |
Job 38 / Job 38 |
Job 39 / Job 39 |
Job 40 / Job 40 |
Job 41 / Job 41 |
Job 42 / Job 42 |
|
|
|
|
|