1 |
Maar Job het geantwoord en gesê: |
2 |
Luister goed na my rede, en laat dit die vertroostinge wees wat julle aanbied. |
3 |
Verdra my, dat ek ook kan spreek; en nadat ek gespreek het, kan jy spot. |
4 |
Wat my aangaan, geld my geklaag dan 'n mens? Of waarom sou ek nie ongeduldig word nie? |
5 |
Kyk my aan, en wees verskrik; en lê die hand op die mond. |
6 |
Ja, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan. |
7 |
Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag? |
8 |
Hulle nakomelinge bestaan voor hulle in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë. |
9 |
Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roede van God is op hulle nie. |
10 |
Sy stier bespring en mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie. |
11 |
Hulle laat hul jong seuns loop soos 'n trop kleinvee, en hul kinders spring rond. |
12 |
Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit. |
13 |
In voorspoed slyt hulle hul dae, en in 'n oomblik sink hulle in die doderyk af. |
14 |
Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie. |
15 |
Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring? |
16 |
*** |
17 |
Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood en oorval hul ondergang hulle! Deel Hy smarte uit in sy toorn, |
18 |
word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die stormwind wegvoer? |
19 |
Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Ek sê: Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel! |
20 |
Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en s,lf moes hy drink van die grimmigheid van die Almagtige. |
21 |
Want wat gee hy om sy huis nhom as die getal van sy maande afgesny is? |
22 |
Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel? |
23 |
Die een sterwe in volkome geluk, heeltemal gerus en tevrede. |
24 |
Sy emmers is vol melk, en die murg van sy gebeente word deur en deur bevogtig. |
25 |
Die ander daarenteen sterwe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het. |
26 |
Saam lê hulle in die stof, en die wurms oordek hulle. |
27 |
Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teen my optree. |
28 |
As julle sê: Waar is die huis van die tiran, en waar die woontent van die goddelose -- |
29 |
het julle dan nie navraag gedoen by die reisigers nie hulle bewyse kan julle tog nie loën nie!: |
30 |
dat die kwaaddoeners gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid? |
31 |
Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel -- wie sal hom dit vergeld? |
32 |
Dan word hy na die graf gebring, en hulle sorg vir sy grafheuwel. |
33 |
Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die mense aan soos daar ontelbares voor hom gewees het. |
34 |
Hoe troos julle my dan op so 'n nietige manier? En julle antwoorde -- net troubreuk bly oor! |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Job 21:1 |
Job 21:2 |
Job 21:3 |
Job 21:4 |
Job 21:5 |
Job 21:6 |
Job 21:7 |
Job 21:8 |
Job 21:9 |
Job 21:10 |
Job 21:11 |
Job 21:12 |
Job 21:13 |
Job 21:14 |
Job 21:15 |
Job 21:16 |
Job 21:17 |
Job 21:18 |
Job 21:19 |
Job 21:20 |
Job 21:21 |
Job 21:22 |
Job 21:23 |
Job 21:24 |
Job 21:25 |
Job 21:26 |
Job 21:27 |
Job 21:28 |
Job 21:29 |
Job 21:30 |
Job 21:31 |
Job 21:32 |
Job 21:33 |
Job 21:34 |
Job 1 / Job 1 |
Job 2 / Job 2 |
Job 3 / Job 3 |
Job 4 / Job 4 |
Job 5 / Job 5 |
Job 6 / Job 6 |
Job 7 / Job 7 |
Job 8 / Job 8 |
Job 9 / Job 9 |
Job 10 / Job 10 |
Job 11 / Job 11 |
Job 12 / Job 12 |
Job 13 / Job 13 |
Job 14 / Job 14 |
Job 15 / Job 15 |
Job 16 / Job 16 |
Job 17 / Job 17 |
Job 18 / Job 18 |
Job 19 / Job 19 |
Job 20 / Job 20 |
Job 21 / Job 21 |
Job 22 / Job 22 |
Job 23 / Job 23 |
Job 24 / Job 24 |
Job 25 / Job 25 |
Job 26 / Job 26 |
Job 27 / Job 27 |
Job 28 / Job 28 |
Job 29 / Job 29 |
Job 30 / Job 30 |
Job 31 / Job 31 |
Job 32 / Job 32 |
Job 33 / Job 33 |
Job 34 / Job 34 |
Job 35 / Job 35 |
Job 36 / Job 36 |
Job 37 / Job 37 |
Job 38 / Job 38 |
Job 39 / Job 39 |
Job 40 / Job 40 |
Job 41 / Job 41 |
Job 42 / Job 42 |
|
|
|
|
|