1 |
Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê: |
2 |
Daarom juis antwoord my gedagtes my, en wel weens my haastigheid in my. |
3 |
'n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my. |
4 |
Weet jy wel dit wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is: |
5 |
dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir 'n oomblik? |
6 |
Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke -- |
7 |
soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy? |
8 |
Soos 'n droom vlieg hy weg, sodat 'n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos 'n naggesig. |
9 |
Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie. |
10 |
Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee. |
11 |
Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam lê dit in die stof. |
12 |
Al smaak die kwaad soet in sy mond, al verberg hy dit onder sy tong, |
13 |
al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte -- |
14 |
tog word sy voedsel in sy ingewande verander, dit word gal van adders in sy binneste. |
15 |
Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg. |
16 |
Die gif van adders suig hy in, die tong van 'n slang maak hom dood. |
17 |
Hy mag hom nie verlustig in beke, in vloeiende strome van heuning en dikmelk nie. |
18 |
Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie. |
19 |
Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; 'n huis het hy geroof, maar hy sal dit nie opbou nie. |
20 |
Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie. |
21 |
Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie. |
22 |
By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom. |
23 |
Om sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed, en Hy sal dit op hom laat reën as sy voedsel. |
24 |
Hy sal vlug vir die ysterwapens -- 'n koperboog sal hom deurboor. |
25 |
Hy trek -- daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom! |
26 |
Pure duisternis is bewaar vir sy skatte; 'n vuur wat nie deur mense aangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly. |
27 |
Die hemel openbaar sy ongeregtigheid, en die aarde staan teen hom op. |
28 |
Weggevoer word die opbrings van sy huis -- goed wat wegspoel op die dag van sy toorn. |
29 |
Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestem is deur God. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Job 20:1 |
Job 20:2 |
Job 20:3 |
Job 20:4 |
Job 20:5 |
Job 20:6 |
Job 20:7 |
Job 20:8 |
Job 20:9 |
Job 20:10 |
Job 20:11 |
Job 20:12 |
Job 20:13 |
Job 20:14 |
Job 20:15 |
Job 20:16 |
Job 20:17 |
Job 20:18 |
Job 20:19 |
Job 20:20 |
Job 20:21 |
Job 20:22 |
Job 20:23 |
Job 20:24 |
Job 20:25 |
Job 20:26 |
Job 20:27 |
Job 20:28 |
Job 20:29 |
Job 1 / Job 1 |
Job 2 / Job 2 |
Job 3 / Job 3 |
Job 4 / Job 4 |
Job 5 / Job 5 |
Job 6 / Job 6 |
Job 7 / Job 7 |
Job 8 / Job 8 |
Job 9 / Job 9 |
Job 10 / Job 10 |
Job 11 / Job 11 |
Job 12 / Job 12 |
Job 13 / Job 13 |
Job 14 / Job 14 |
Job 15 / Job 15 |
Job 16 / Job 16 |
Job 17 / Job 17 |
Job 18 / Job 18 |
Job 19 / Job 19 |
Job 20 / Job 20 |
Job 21 / Job 21 |
Job 22 / Job 22 |
Job 23 / Job 23 |
Job 24 / Job 24 |
Job 25 / Job 25 |
Job 26 / Job 26 |
Job 27 / Job 27 |
Job 28 / Job 28 |
Job 29 / Job 29 |
Job 30 / Job 30 |
Job 31 / Job 31 |
Job 32 / Job 32 |
Job 33 / Job 33 |
Job 34 / Job 34 |
Job 35 / Job 35 |
Job 36 / Job 36 |
Job 37 / Job 37 |
Job 38 / Job 38 |
Job 39 / Job 39 |
Job 40 / Job 40 |
Job 41 / Job 41 |
Job 42 / Job 42 |
|
|
|
|
|