|
|
|
|
Ou Testament
|
|
Nuwe Testament
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
|
|
|
1 |
Toe het Âlifas, die Temaniet, geantwoord en gesê: |
2 |
Sal 'n wyse man met winderige wetenskap antwoord gee en sy buik vul met oostewind -- |
3 |
deur te pleit met woorde wat nie baat en met beweringe waarmee hy niks uitrig nie? |
4 |
Ja, jy breek die Godsvrees af en verstoor die stille oordenking voor die aangesig van God. |
5 |
Want jou ongeregtigheid gee onderrig aan jou mond, en jy kies die taal van die listiges. |
6 |
Jou eie mond veroordeel jou, en nie ek nie; ja, jou eie lippe getuig teen jou. |
7 |
Is jy die eerste as mens gebore en voor die heuwels in die wêreld gebring? |
8 |
Het jy in die raad van God afgeluister en die wysheid na jou toe getrek? |
9 |
Wat weet jy wat ons nie weet nie? Wat verstaan jy wat in ons nie is nie? |
10 |
Ook is daar grys hare, ook bejaardes onder ons, ryker in dae as jou vader. |
11 |
Is die vertroostinge van God vir jou te min, en 'n woord met sagtheid jou toegespreek? |
12 |
Waarom sleep jou hart jou weg? En waarom flikker jou oë so -- |
13 |
dat jy jou toorn rig teen God en sulke woorde uit jou mond laat uitgaan? |
14 |
Wat is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit 'n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees? |
15 |
Kyk, in sy heiliges stel Hy geen vertroue nie; ja, die hemele is nie rein in sy oë nie; |
16 |
hoeveel minder die afskuwelike en ontaarde, die mens wat onreg drink soos water! |
17 |
Ek wil jou inlig, luister na my; en wat ek gesien het, wil ek vertel; |
18 |
wat die wyse manne verkondig sonder om iets te verberg, van hulle vaders af oorgelewer; |
19 |
aan hulle alleen was die land gegee, en geen vreemdeling het nog onder hulle deurgetrek nie. |
20 |
Al sy dae leef die goddelose in angs, ja, al die jare deur wat vir die tiran bepaal is. |
21 |
Skrikgeluide is in sy ore; in volle vrede oorval die verwoester hom. |
22 |
Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard. |
23 |
Hy dwaal rond en soek brood. Waar is dit? Hy weet dat gereed is, ophande, die dag van duisternis. |
24 |
Benoudheid en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos 'n koning wat gereed staan vir die aanval, |
25 |
omdat hy sy hand uitgesteek het teen God en die Almagtige getrotseer het |
26 |
omdat hy sy gesig met sy vet oordek en 'n vetlaag op sy heupe gevorm het, |
27 |
en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestem was om puinhope te bly. |
28 |
Hy bly nie ryk en sy vermoë hou nie stand nie, en hulle besitting buig nie soos koringare na die aarde toe nie. |
29 |
Hy ontvlug nie die duisternis nie, die vlam laat sy spruit verdroog, en hy vergaan deur die geblaas van die mond van God. |
30 |
Laat hom nie vertrou op nietigheid nie -- hy kom bedroë uit! -- want nietigheid sal sy vergelding wees. |
31 |
Voor sy tyd word dit vervul, en sy palmtak bly nie meer groen nie. |
32 |
Hy skud sy onryp druiwe af soos 'n wingerdstok en gooi sy bloeisel af soos 'n olyfboom. |
33 |
Want die bende van die goddelose is onvrugbaar, en vuur verteer die tente van omkopery. |
34 |
Hulle is swanger van moeite en baar onheil; en hulle skoot bring bedrog voort. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |