|
|
|
|
|
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
1 Kronieke 20
|
1 |
En ná verloop van 'n jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, het Joab die leërmag aangevoer en die land van die kinders van Ammon verwoes; hy het ook gekom en Rabba beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het. En Joab het Rabba verslaan en dit afgebreek. |
2 |
En Dawid het die kroon van Milkom van sy hoof afgeneem en bevind dat die gewig daarvan 'n talent goud was; en daarin was 'n kosbare steen, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en hy het 'n baie groot buit van die stad uitgebring. |
3 |
Hy het ook die bevolking wat daarin was, uitgebring en hulle met die saag laat saag, en met ysterpenne en met byle laat werk; en so het Dawid gedoen met al die stede van die kinders van Ammon. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan. |
4 |
En daarna het daar by Geser oorlog ontstaan met die Filistyne; toe het Síbbegai, die Husatiet, Síppai, uit die kinders van die Refaïte verslaan, sodat hulle onderworpe geraak het. |
5 |
En daar was weer oorlog met die Filistyne; en Élhanan, die seun van Jaïr, het Lagmi, die broer van Goliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos 'n wewersbalk was, verslaan. |
6 |
En daar was weer oorlog by Gat, en daar was 'n baie lang man met ses vingers aan elke hand en voet, vier en twintig; en hy was ook 'n afstammeling van die Refaïete. |
7 |
En hy het Israel uitgedaag, maar Jónatan, die seun van Símea, die broer van Dawid, het hom verslaan. |
8 |
Hulle was afstammelinge van die Refaïete in Gat, en hulle het geval deur die hand van Dawid en deur die hand van sy dienaars. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
1 Kronieke 20:1 |
1 Kronieke 20:2 |
1 Kronieke 20:3 |
1 Kronieke 20:4 |
1 Kronieke 20:5 |
1 Kronieke 20:6 |
1 Kronieke 20:7 |
1 Kronieke 20:8 |
1 Kronieke 1 / 1Kr 1 |
1 Kronieke 2 / 1Kr 2 |
1 Kronieke 3 / 1Kr 3 |
1 Kronieke 4 / 1Kr 4 |
1 Kronieke 5 / 1Kr 5 |
1 Kronieke 6 / 1Kr 6 |
1 Kronieke 7 / 1Kr 7 |
1 Kronieke 8 / 1Kr 8 |
1 Kronieke 9 / 1Kr 9 |
1 Kronieke 10 / 1Kr 10 |
1 Kronieke 11 / 1Kr 11 |
1 Kronieke 12 / 1Kr 12 |
1 Kronieke 13 / 1Kr 13 |
1 Kronieke 14 / 1Kr 14 |
1 Kronieke 15 / 1Kr 15 |
1 Kronieke 16 / 1Kr 16 |
1 Kronieke 17 / 1Kr 17 |
1 Kronieke 18 / 1Kr 18 |
1 Kronieke 19 / 1Kr 19 |
1 Kronieke 20 / 1Kr 20 |
1 Kronieke 21 / 1Kr 21 |
1 Kronieke 22 / 1Kr 22 |
1 Kronieke 23 / 1Kr 23 |
1 Kronieke 24 / 1Kr 24 |
1 Kronieke 25 / 1Kr 25 |
1 Kronieke 26 / 1Kr 26 |
1 Kronieke 27 / 1Kr 27 |
1 Kronieke 28 / 1Kr 28 |
1 Kronieke 29 / 1Kr 29 |
|
|
|
|
|