1 |
Toe Jakob merk dat daar koring in Egipte was, het Jakob aan sy seuns gesê: Wat kyk julle so na mekaar? |
2 |
En hy sê: Kyk, ek het gehoor dat daar koring in Egipte is; trek daarheen af, en koop vir ons daar koring, dat ons kan lewe en nie sterwe nie. |
3 |
Daarop het tien van Josef se broers afgetrek om koring uit Egipte te koop. |
4 |
Maar Benjamin, die broer van Josef, het Jakob nie saam met sy broers gestuur nie; want hy het gedink: Altemit kan 'n ongeluk hom oorkom. |
5 |
So het die seuns van Israel dan gekom om koring te koop onder diegene wat daar aangekom het; want daar was hongersnood in die land Kana„n. |
6 |
En Josef was die maghebber oor die land, hy wat aan al die mense van die land koring verkoop het; daarom het die broers van Josef gekom en hulle voor hom met die aangesig na die aarde gebuig. |
7 |
Sodra Josef sy broers sien, het hy hulle herken maar hom vreemd teenoor hulle gehou en hulle hard aangespreek en vir hulle gesê: Waar kom julle vandaan? En hulle antwoord: Uit die land Kanaän om voedsel te koop. |
8 |
En Josef het sy broers herken, maar hulle het hom nie herken nie. |
9 |
Toe dink Josef aan die drome wat hy aangaande hulle gedroom het; en hy sê vir hulle: Julle is spioene, julle het gekom om te kyk waar die land oop is. |
10 |
Maar hulle het hom geantwoord: Nee, my heer, maar u dienaars het gekom om voedsel te koop. |
11 |
Ons is almal seuns van een man, ons is eerlike mense; u dienaars is geen spioene nie. |
12 |
Toe sê hy vir hulle: Nee, maar julle het gekom om te kyk waar die land oop is. |
13 |
En hulle antwoord: U dienaars is twaalf in getal, ons is broers, seuns van een man in die land Kana„n; en kyk, die jongste is nou by ons vader, maar die een is daar nie meer nie. |
14 |
Toe sê Josef vir hulle: Dit is wat ek julle gesê het: Julle is spioene! |
15 |
Hieraan sal julle getoets word: so waar as Farao leef, julle sal hiervandaan nie trek tensy dat julle jongste broer hierheen kom nie. |
16 |
Stuur een van julle, dat hy julle broer gaan haal, maar julle moet in die gevangenis bly. So sal dan julle woorde getoets word, of die waarheid by julle is of nie. So waar as Farao leef, julle is spioene! |
17 |
Daarop het hy hulle saam drie dae lank in bewaring laat hou. |
18 |
En op die derde dag sê Josef vir hulle: Doen dit, dan sal julle lewe; ek vrees God! |
19 |
As julle eerlike mense is, laat een van julle broers gevange bly in die huis waar julle in bewaring is; maar gaan julle, bring die koring vir die honger van julle huisgesinne weg, |
20 |
en bring julle jongste broer na my toe -- dan sal julle woorde waar gemaak word, en julle sal nie sterwe nie. En hulle het so gedoen. |
21 |
Toe sê hulle vir mekaar: Voorwaar, ons boet nou vanweë ons broer, omdat ons die benoudheid van sy siel gesien het toe hy ons gesmeek het en ons nie geluister het nie -- daarom kom hierdie benoudheid oor ons. |
22 |
Daarop antwoord Ruben hulle: Het ek nie vir julle gesê nie: Besondig julle nie aan die seun nie? Maar julle het nie geluister nie. Kyk, so word dan ook sy bloed geëis. |
23 |
En hulle het nie geweet dat Josef dit verstaan nie, want daar was 'n tolk tussen hulle. |
24 |
Toe draai hy hom van hulle af weg en ween. Daarna het hy na hulle teruggegaan en met hulle gespreek; en hy het S¡meon onder hulle uitgeneem en hom voor hulle oë gebind. |
25 |
Daarop gee Josef bevel om hulle sakke vol koring te maak en elkeen se geld weer in sy sak te sit en om aan hulle padkos vir die reis saam te gee. En so is aan hulle gedoen. |
26 |
En hulle het die koring op hulle esels gelaai en daar weggetrek. |
27 |
En toe die een sy sak oopmaak om sy esel in die herberg voer te gee, sien hy sy geld; en kyk, dit was somaar bo in sy sak! |
28 |
En hy sê vir sy broers: My geld is teruggegee; hier lê dit dan ook in my sak! Toe het hulle hart hul begewe, en hulle draai verskrik na mekaar toe en sê: Wat het God ons nou aangedoen? |
29 |
En hulle het by hul vader Jakob in die land Kana„n gekom en hom alles vertel wat hulle wedervaar het en gesê: |
30 |
Die man, die heer van die land, het ons hard aangespreek en ons vir spioene van die land gehou. |
31 |
Maar ons het aan hom gesê: Ons is eerlike mense, ons is geen spioene nie. |
32 |
Ons is twaalf broers, seuns van ons vader; die een is daar nie meer nie, en die jongste is nou by ons vader in die land Kana„n. |
33 |
Daarop het die man, die heer van die land, aan ons gesê: Hieraan sal ek weet dat julle eerlike mense is -- laat een van julle broers by my bly; en neem vir die honger van julle huisgesinne en trek weg, |
34 |
en bring julle jongste broer na my toe; dan sal ek weet dat julle geen spioene is nie. As julle eerlike mense is, sal ek julle broer aan julle teruggee, en julle mag in die land rondtrek. |
35 |
En toe hulle hul sakke leegmaak, was elkeen se bondeltjie geld daar in sy sak! En toe hulle hul bondeltjies geld sien, hulle en hul vader, was hulle bevrees. |
36 |
Daarop sê Jakob, hulle vader, vir hulle: Julle beroof my van kinders. Josef is weg! En S¡meon is weg! En Benjamin wil julle wegneem! Alles is teen my! |
37 |
Toe spreek Ruben sy vader aan en sê: U kan my twee seuns doodmaak as ek hom nie na u terugbring nie. Vertrou hom aan my toe, en ,k sal hom na u terugbring. |
38 |
Maar hy sê: My seun sal nie saam met julle aftrek nie, want sy broer is dood, en hy het alleen oorgebly; en as 'n ongeluk hom oorkom op die pad wat julle sal gaan, dan sal julle my grys hare met kommer in die doderyk laat afdaal. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Genese 42:1 |
Genese 42:2 |
Genese 42:3 |
Genese 42:4 |
Genese 42:5 |
Genese 42:6 |
Genese 42:7 |
Genese 42:8 |
Genese 42:9 |
Genese 42:10 |
Genese 42:11 |
Genese 42:12 |
Genese 42:13 |
Genese 42:14 |
Genese 42:15 |
Genese 42:16 |
Genese 42:17 |
Genese 42:18 |
Genese 42:19 |
Genese 42:20 |
Genese 42:21 |
Genese 42:22 |
Genese 42:23 |
Genese 42:24 |
Genese 42:25 |
Genese 42:26 |
Genese 42:27 |
Genese 42:28 |
Genese 42:29 |
Genese 42:30 |
Genese 42:31 |
Genese 42:32 |
Genese 42:33 |
Genese 42:34 |
Genese 42:35 |
Genese 42:36 |
Genese 42:37 |
Genese 42:38 |
Genese 1 / Gen 1 |
Genese 2 / Gen 2 |
Genese 3 / Gen 3 |
Genese 4 / Gen 4 |
Genese 5 / Gen 5 |
Genese 6 / Gen 6 |
Genese 7 / Gen 7 |
Genese 8 / Gen 8 |
Genese 9 / Gen 9 |
Genese 10 / Gen 10 |
Genese 11 / Gen 11 |
Genese 12 / Gen 12 |
Genese 13 / Gen 13 |
Genese 14 / Gen 14 |
Genese 15 / Gen 15 |
Genese 16 / Gen 16 |
Genese 17 / Gen 17 |
Genese 18 / Gen 18 |
Genese 19 / Gen 19 |
Genese 20 / Gen 20 |
Genese 21 / Gen 21 |
Genese 22 / Gen 22 |
Genese 23 / Gen 23 |
Genese 24 / Gen 24 |
Genese 25 / Gen 25 |
Genese 26 / Gen 26 |
Genese 27 / Gen 27 |
Genese 28 / Gen 28 |
Genese 29 / Gen 29 |
Genese 30 / Gen 30 |
Genese 31 / Gen 31 |
Genese 32 / Gen 32 |
Genese 33 / Gen 33 |
Genese 34 / Gen 34 |
Genese 35 / Gen 35 |
Genese 36 / Gen 36 |
Genese 37 / Gen 37 |
Genese 38 / Gen 38 |
Genese 39 / Gen 39 |
Genese 40 / Gen 40 |
Genese 41 / Gen 41 |
Genese 42 / Gen 42 |
Genese 43 / Gen 43 |
Genese 44 / Gen 44 |
Genese 45 / Gen 45 |
Genese 46 / Gen 46 |
Genese 47 / Gen 47 |
Genese 48 / Gen 48 |
Genese 49 / Gen 49 |
Genese 50 / Gen 50 |
|
|
|
|
|