1 |
En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het 'n man verkry met die hulp van die HERE. |
2 |
Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het 'n skaapherder geword, en Kain 'n landbouer. |
3 |
En nverloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE 'n offer gebring. |
4 |
En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien, |
5 |
maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang. |
6 |
En die HERE sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang? |
7 |
Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie -- die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers. |
8 |
En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan. |
9 |
Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter? |
10 |
En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af. |
11 |
Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang. |
12 |
As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; 'n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde. |
13 |
Daarop sê Kain vir die HERE: My skuld is te groot om dit te dra. |
14 |
Kyk, U verdryf my nou uit die land uit, en ek moet my verberg vir u aangesig: 'n swerwer en vlugteling sal ek op die aarde wees, en elkeen wat my kry, sal my doodslaan. |
15 |
Maar die HERE sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het 'n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie. |
16 |
Toe gaan Kain weg van die aangesig van die HERE, en hy het gewoon in die land Nod, aan die oostekant van Eden. |
17 |
En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en Henog gebaar. Daarna bou hy 'n stad en noem die stad na die naam van sy seun Henog. |
18 |
En vir Henog is Irad gebore; en Irad was die vader van Mehujael; en Mehujael was die vader van Metusael; en Metusael die vader van Lameg. |
19 |
En Lameg het vir hom twee vroue geneem. Die naam van die eerste was Ada, en die naam van die tweede Silla. |
20 |
En Ada het Jabal gebaar. Hy was die vader van die tentbewoners en die veeboere. |
21 |
Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die vader van almal wat op siters en fluite speel. |
22 |
En Silla het ook gebaar, naamlik Tubal-Kain, 'n smid wat allerhande koper-- en ysterinstrumente gemaak het. En die suster van Tubal-Kain was Na,ma. |
23 |
En Lameg het aan sy vroue gesê: Ada en Silla, hoor na my stem! Vroue van Lameg, luister na my woord! Voorwaar, ek slaan 'n man dood wat my wond en 'n seun wat my kwes. |
24 |
Want Kain sal sewe maal gewreek word, maar Lameg sewe en sewentig maal. |
25 |
En Adam het sy vrou weer beken, en sy het 'n seun gebaar en hom Set genoem. Want, het sy gesê, God het my 'n ander kind geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het. |
26 |
En ook vir Set is 'n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van die HERE begin aanroep.
|
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Genese 4:1 |
Genese 4:2 |
Genese 4:3 |
Genese 4:4 |
Genese 4:5 |
Genese 4:6 |
Genese 4:7 |
Genese 4:8 |
Genese 4:9 |
Genese 4:10 |
Genese 4:11 |
Genese 4:12 |
Genese 4:13 |
Genese 4:14 |
Genese 4:15 |
Genese 4:16 |
Genese 4:17 |
Genese 4:18 |
Genese 4:19 |
Genese 4:20 |
Genese 4:21 |
Genese 4:22 |
Genese 4:23 |
Genese 4:24 |
Genese 4:25 |
Genese 4:26 |
|
|
|
|
|
|
Genese 1 / Gen 1 |
Genese 2 / Gen 2 |
Genese 3 / Gen 3 |
Genese 4 / Gen 4 |
Genese 5 / Gen 5 |
Genese 6 / Gen 6 |
Genese 7 / Gen 7 |
Genese 8 / Gen 8 |
Genese 9 / Gen 9 |
Genese 10 / Gen 10 |
Genese 11 / Gen 11 |
Genese 12 / Gen 12 |
Genese 13 / Gen 13 |
Genese 14 / Gen 14 |
Genese 15 / Gen 15 |
Genese 16 / Gen 16 |
Genese 17 / Gen 17 |
Genese 18 / Gen 18 |
Genese 19 / Gen 19 |
Genese 20 / Gen 20 |
Genese 21 / Gen 21 |
Genese 22 / Gen 22 |
Genese 23 / Gen 23 |
Genese 24 / Gen 24 |
Genese 25 / Gen 25 |
Genese 26 / Gen 26 |
Genese 27 / Gen 27 |
Genese 28 / Gen 28 |
Genese 29 / Gen 29 |
Genese 30 / Gen 30 |
Genese 31 / Gen 31 |
Genese 32 / Gen 32 |
Genese 33 / Gen 33 |
Genese 34 / Gen 34 |
Genese 35 / Gen 35 |
Genese 36 / Gen 36 |
Genese 37 / Gen 37 |
Genese 38 / Gen 38 |
Genese 39 / Gen 39 |
Genese 40 / Gen 40 |
Genese 41 / Gen 41 |
Genese 42 / Gen 42 |
Genese 43 / Gen 43 |
Genese 44 / Gen 44 |
Genese 45 / Gen 45 |
Genese 46 / Gen 46 |
Genese 47 / Gen 47 |
Genese 48 / Gen 48 |
Genese 49 / Gen 49 |
Genese 50 / Gen 50 |