1 |
En Jakob het gewoon in die land van die vreemdelingskap van sy vader, in die land Kanaän. |
2 |
Dit is die geskiedenis van Jakob. Josef het as seun van sewentien jaar die kleinvee opgepas saam met sy broers -- hy was nog jonk -- met die seuns van Bilha en die seuns van Silpa, die vroue van sy vader. En Josef het die slegte gerug oor hulle na hulle vader oorgebring. |
3 |
En Israel het Josef meer lief gehad as al sy seuns; want hy was vir hom 'n seun van die ouderdom; en hy het vir hom 'n lang rok met moue gemaak. |
4 |
Toe sy broers sien dat hulle vader hom meer as al sy broers liefhet, het hulle hom gehaat en kon nie vriendelik met hom praat nie. |
5 |
Ook het Josef 'n droom gehad wat hy aan sy broers vertel het. Daaroor het hulle hom nog meer gehaat. |
6 |
Hy het naamlik vir hulle gesê: Hoor tog hierdie droom wat ek gehad het. |
7 |
Kyk, ons was besig om gerwe te bind op die land toe meteens my gerf gaan staan en ook regop bly staan, terwyl julle gerwe daar rondom kom en hulle voor my gerf neerbuig. |
8 |
Toe sê sy broers aan hom: Wil jy miskien oor ons regeer? Of wil jy miskien oor ons heers? En hulle het hom nog meer gehaat oor sy drome en oor sy woorde. |
9 |
Daarna het hy nog 'n ander droom gehad en dit aan sy broers vertel en gesê: Kyk, ek het nog 'n droom gehad -- die son en die maan en elf sterre het hulle voor my neergebuig. |
10 |
Toe hy dit aan sy vader en sy broers vertel, het sy vader hom hard bestraf en aan hom gesê: Wat is dit vir 'n droom wat jy gehad het? Moet ons werklik kom, ek en jou moeder en jou broers, om ons voor jou na die aarde neer te buig? |
11 |
En sy broers was afgunstig op hom, maar sy vader het die saak in gedagte gehou. |
12 |
En sy broers het die kleinvee van hulle vader by Sigem gaan oppas. |
13 |
Toe sê Israel vir Josef: Pas jou broers nie die vee op by Sigem nie? Kom, laat ek jou na hulle toe stuur. En hy antwoord hom: Hier is ek! |
14 |
Toe sê hy vir hom: Gaan tog verneem na die welstand van jou broers en die welstand van die vee, en bring vir my berig terug. So het hy hom dan uit die dal van Hebron weggestuur, en hy het by Sigem aangekom. |
15 |
Daarop kry 'n man hom terwyl hy in die veld ronddwaal, en die man vra hom: Wat soek jy? |
16 |
En hy antwoord: Ek soek my broers. Vertel my tog waar hulle die vee oppas. |
17 |
Toe sê die man: Hulle het hiervandaan weggetrek, want ek het hulle hoor sê: Laat ons na Dotan gaan. En Josef het agter sy broers aan gegaan en hulle in Dotan gevind. |
18 |
En hulle het hom van ver af gesien. Maar voordat hy naby hulle kom, het hulle listig raad gehou teen hom om hom dood te maak. |
19 |
En hulle het vir mekaar gesê: Daar kom daardie dromer aan! |
20 |
Kom dan nou, laat ons hom doodmaak en in een van die putte gooi en sê: 'n Wilde dier het hom opgeëet. Dan sal ons sien wat van sy drome word. |
21 |
Toe Ruben dit hoor, het hy hom uit hulle hand gered deur te sê: Laat ons hom nie doodslaan nie. |
22 |
Ruben het ook vir hulle gesê: Moenie bloed vergiet nie; gooi hom in hierdie put wat in die woestyn is, maar moenie die hand aan hom slaan nie -- sodat hy hom uit hulle hand kon red om hom na sy vader terug te bring. |
23 |
En toe Josef by sy broers kom, trek hulle Josef se rok uit, die rok met lang moue wat hy aangehad het, |
24 |
en hulle neem hom en gooi hom in die put. Maar die put was leeg; daar was geen water in nie. |
25 |
Daarna het hulle gaan sit om brood te eet; en toe hulle hul oë opslaan, sien hulle meteens 'n reisgeselskap Ismaeliete wat uit G¡lead kom -- hulle kamele gelaai met speserye en balsem en gom op pad om dit na Egipte af te bring. |
26 |
Toe sê Juda aan sy broers: Watter voordeel is dit dat ons ons broer doodmaak en sy bloed verberg? |
27 |
Kom, laat ons hom aan die Ismaeliete verkoop, maar laat ons hand nie teen hom wees nie, want hy is ons broer, ons vlees. En sy broers het na hom geluister. |
28 |
En toe die Midianitiese koopmans verbykom, het hulle Josef uit die put uit opgetrek en uitgehaal en Josef aan die Ismaeliete verkoop vir twintig sikkels silwer. En hulle het Josef na Egipte gebring. |
29 |
Toe Ruben by die put terugkom, was Josef nie in die put nie! Daarop skeur hy sy klere, |
30 |
en hy gaan na sy broers terug en sê: Die seun is nie daar nie! En ek, waar moet ek heen? |
31 |
Toe neem hulle Josef se rok, en hulle slag 'n bok en steek die rok in die bloed, |
32 |
en hulle stuur die lang rok weg en laat dit na hulle vader bring met die woorde: Dit het ons gevind. Kyk tog goed of dit die rok van u seun is of nie. |
33 |
En hy het dit herken en gesê: Die rok van my seun! 'n Wilde dier het hom opgeëet. Verskeur, verskeur is Josef! |
34 |
Toe skeur Jakob sy klere en trek 'n roukleed om sy heupe, en hy het oor sy seun gerou, baie dae lank. |
35 |
En al sy seuns en al sy dogters het moeite gedoen om hom te troos, maar hy het geweier om hom te laat troos en gesê: Nee, treurende sal ek na my seun in die doderyk afdaal! So het sy vader hom dan beween. |
36 |
En die Midianiete het hom na Egipte verkoop aan Potifar, 'n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag.
|
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Genese 37:1 |
Genese 37:2 |
Genese 37:3 |
Genese 37:4 |
Genese 37:5 |
Genese 37:6 |
Genese 37:7 |
Genese 37:8 |
Genese 37:9 |
Genese 37:10 |
Genese 37:11 |
Genese 37:12 |
Genese 37:13 |
Genese 37:14 |
Genese 37:15 |
Genese 37:16 |
Genese 37:17 |
Genese 37:18 |
Genese 37:19 |
Genese 37:20 |
Genese 37:21 |
Genese 37:22 |
Genese 37:23 |
Genese 37:24 |
Genese 37:25 |
Genese 37:26 |
Genese 37:27 |
Genese 37:28 |
Genese 37:29 |
Genese 37:30 |
Genese 37:31 |
Genese 37:32 |
Genese 37:33 |
Genese 37:34 |
Genese 37:35 |
Genese 37:36 |
|
|
|
|
|
|
Genese 1 / Gen 1 |
Genese 2 / Gen 2 |
Genese 3 / Gen 3 |
Genese 4 / Gen 4 |
Genese 5 / Gen 5 |
Genese 6 / Gen 6 |
Genese 7 / Gen 7 |
Genese 8 / Gen 8 |
Genese 9 / Gen 9 |
Genese 10 / Gen 10 |
Genese 11 / Gen 11 |
Genese 12 / Gen 12 |
Genese 13 / Gen 13 |
Genese 14 / Gen 14 |
Genese 15 / Gen 15 |
Genese 16 / Gen 16 |
Genese 17 / Gen 17 |
Genese 18 / Gen 18 |
Genese 19 / Gen 19 |
Genese 20 / Gen 20 |
Genese 21 / Gen 21 |
Genese 22 / Gen 22 |
Genese 23 / Gen 23 |
Genese 24 / Gen 24 |
Genese 25 / Gen 25 |
Genese 26 / Gen 26 |
Genese 27 / Gen 27 |
Genese 28 / Gen 28 |
Genese 29 / Gen 29 |
Genese 30 / Gen 30 |
Genese 31 / Gen 31 |
Genese 32 / Gen 32 |
Genese 33 / Gen 33 |
Genese 34 / Gen 34 |
Genese 35 / Gen 35 |
Genese 36 / Gen 36 |
Genese 37 / Gen 37 |
Genese 38 / Gen 38 |
Genese 39 / Gen 39 |
Genese 40 / Gen 40 |
Genese 41 / Gen 41 |
Genese 42 / Gen 42 |
Genese 43 / Gen 43 |
Genese 44 / Gen 44 |
Genese 45 / Gen 45 |
Genese 46 / Gen 46 |
Genese 47 / Gen 47 |
Genese 48 / Gen 48 |
Genese 49 / Gen 49 |
Genese 50 / Gen 50 |