1 |
En Jakob het sy oë opgeslaan, en toe hy meteens Esau sien aankom en vier honderd man saam met hom, het hy die kinders onder Lea en Ragel en onder die twee slavinne verdeel. |
2 |
En hy het die slavinne met hulle kinders eerste, en Lea met haar kinders daaragter, en Ragel en Josef laaste opgestel; |
3 |
maar hy self het voor hulle uit gegaan en hom sewe maal na die aarde gebuig, totdat hy by sy broer gekom het. |
4 |
Toe loop Esau hom tegemoet en omhels hom en val hom om die hals en soen hom; en hulle het geween. |
5 |
Daarna het hy sy oë opgeslaan en die vroue en kinders gesien en gesê: Wie het jy daar by jou? En hy antwoord: Die kinders wat God uit genade aan u dienaar geskenk het. |
6 |
En die slavinne het nader gekom, hulle en hulle kinders, en hul neergebuig. |
7 |
En Lea het ook nader gekom met haar kinders en hul neergebuig; en daarna het Josef nader gekom en Ragel en hul neergebuig. |
8 |
Daarop sê hy: Wat is jou bedoeling met daardie hele laer wat ek teëgekom het? En hy antwoord: Om guns te vind in die oë van my heer. |
9 |
Maar Esau sê: Ek het baie, my broer! Wat joue is, laat dit joue bly! |
10 |
Toe antwoord Jakob: Ag nee, as ek nou guns in u oë gevind het, neem dan my geskenk uit my hand aan. Want juis daarom het ek u aangesig te sien gekry soos 'n mens die aangesig van God sien, en u het behae in my gehad. |
11 |
Neem tog my begroetingsgeskenk wat u aangebied is, want God het my genade bewys, en ek het volop. En hy het by hom aangehou, sodat hy dit aangeneem het. |
12 |
Daarop sê hy: Laat ons opbreek en verder trek, en ek sal langs jou trek. |
13 |
Maar hy antwoord hom: My heer weet dat die kinders swak is, en dat ek lammerooie en melkkoeie by my het; as 'n mens hulle net een dag ooreis, dan sterf al die kleinvee. |
14 |
My heer moet maar voor sy dienaar uit trek, en ,k sal op my gemak trek na die gang van die vee wat voor my uit gaan, en na die gang van die kinders, tot ek by my heer in Se‹r aankom. |
15 |
Toe sê Esau: Laat my tog van die manskappe wat by my is, by jou laat staan. En hy antwoord: Waarvoor dan? Laat my guns in die oë van my heer vind! |
16 |
So het Esau dan die dag teruggegaan padlangs na Se‹r toe. |
17 |
Maar Jakob het na Sukkot weggetrek en vir hom 'n huis gebou en takkrale vir sy vee gemaak. Daarom het hy die plek genoem Sukkot. |
18 |
En Jakob het behoue aangekom by die stad Sigem wat in die land Kana„n is, toe hy van Paddan-Aram gekom het -- hy het sy laer voor die stad opgeslaan |
19 |
en die stuk grond gekoop waar hy sy tent opgeslaan het, van die seuns van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd geldstukke. |
20 |
Daar het hy ook 'n altaar opgerig en dit genoem: Die God van Israel is God.
|
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Genese 33:1 |
Genese 33:2 |
Genese 33:3 |
Genese 33:4 |
Genese 33:5 |
Genese 33:6 |
Genese 33:7 |
Genese 33:8 |
Genese 33:9 |
Genese 33:10 |
Genese 33:11 |
Genese 33:12 |
Genese 33:13 |
Genese 33:14 |
Genese 33:15 |
Genese 33:16 |
Genese 33:17 |
Genese 33:18 |
Genese 33:19 |
Genese 33:20 |
|
|
|
|
|
|
Genese 1 / Gen 1 |
Genese 2 / Gen 2 |
Genese 3 / Gen 3 |
Genese 4 / Gen 4 |
Genese 5 / Gen 5 |
Genese 6 / Gen 6 |
Genese 7 / Gen 7 |
Genese 8 / Gen 8 |
Genese 9 / Gen 9 |
Genese 10 / Gen 10 |
Genese 11 / Gen 11 |
Genese 12 / Gen 12 |
Genese 13 / Gen 13 |
Genese 14 / Gen 14 |
Genese 15 / Gen 15 |
Genese 16 / Gen 16 |
Genese 17 / Gen 17 |
Genese 18 / Gen 18 |
Genese 19 / Gen 19 |
Genese 20 / Gen 20 |
Genese 21 / Gen 21 |
Genese 22 / Gen 22 |
Genese 23 / Gen 23 |
Genese 24 / Gen 24 |
Genese 25 / Gen 25 |
Genese 26 / Gen 26 |
Genese 27 / Gen 27 |
Genese 28 / Gen 28 |
Genese 29 / Gen 29 |
Genese 30 / Gen 30 |
Genese 31 / Gen 31 |
Genese 32 / Gen 32 |
Genese 33 / Gen 33 |
Genese 34 / Gen 34 |
Genese 35 / Gen 35 |
Genese 36 / Gen 36 |
Genese 37 / Gen 37 |
Genese 38 / Gen 38 |
Genese 39 / Gen 39 |
Genese 40 / Gen 40 |
Genese 41 / Gen 41 |
Genese 42 / Gen 42 |
Genese 43 / Gen 43 |
Genese 44 / Gen 44 |
Genese 45 / Gen 45 |
Genese 46 / Gen 46 |
Genese 47 / Gen 47 |
Genese 48 / Gen 48 |
Genese 49 / Gen 49 |
Genese 50 / Gen 50 |