1 |
En daar was hongersnood in die land, buiten die eerste hongersnood wat in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek na Abim,leg, die koning van die Filistyne, na Gerar. |
2 |
En die HERE het aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal aanwys. |
3 |
Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het. |
4 |
En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseënword; |
5 |
omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het. |
6 |
So het Isak dan in Gerar gebly. |
7 |
En toe die manne van die plek hom na sy vrou vra, antwoord hy: Sy is my suster. Want hy was bang om te sê: My vrou -- anders sal die manne van die plek, so het hy gedink, my miskien doodmaak ter wille van Rebekka; want sy was mooi van aansien. |
8 |
En toe hy al 'n lang tyd daar was, kyk Abim,leg, die koning van die Filistyne, deur die venster uit en sien hoe Isak speel met Rebekka, sy vrou. |
9 |
En Abim,leg het Isak geroep en gesê: Kyk, sy is dan tog jou vrou! Hoe kon jy dan verklaar: Sy is my suster? En Isak antwoord hom: Ja, ek het gedink ek kan miskien om haar ontwil my lewe verloor! |
10 |
En Abim,leg sê: Wat het jy ons nou aangedoen? Hoe maklik kon een van die mense met jou vrou gemeenskap gehad en jy 'n skuld oor ons gebring het! |
11 |
Daarop gee Abim,leg bevel aan die hele volk en sê: Wie hierdie man of sy vrou aanraak, sal sekerlik gedood word. |
12 |
Isak het toe in die land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want die HERE het hom geseën. |
13 |
En die man het groot geword en altyddeur groter geword totdat hy baie groot was: |
14 |
hy het troppe kleinvee en beeste gehad en baie bediendes, sodat die Filistyne hom beny het. |
15 |
En al die putte wat die dienaars van sy vader in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, die het die Filistyne toegestop en met grond opgevul. |
16 |
Toe sê Abim,leg vir Isak: Trek weg van ons, want jy het vir ons veels te magtig geword. |
17 |
Daarop het Isak vandaar weggetrek en laer opgeslaan in die dal by Gerar en daar bly woon. |
18 |
En Isak het die putte weer oopgegrawe wat hulle in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, en wat die Filistyne ndie dood van Abraham toegestop het, en dit genoem na die name wat sy vader daaraan gegee het. |
19 |
En terwyl die dienaars van Isak in die dal grawe, vind hulle daar 'n put met lewendige water. |
20 |
En die herders van Gerar het getwis met die herders van Isak en gesê: Dit is ons water. Daarom het hy die put Esek genoem, omdat hulle met hom onenigheid gehad het. |
21 |
Daarop grawe hulle 'n ander put, en daaroor het hulle ook getwis. Daarom het hy dit Sitna genoem. |
22 |
Toe het hy vandaar versit en 'n ander put gegrawe, en daaroor is nie getwis nie. Daarom het hy dit R,hobot genoem en gesê: Ja, nou het die HERE vir ons ruimte gemaak en kan ons vrugbaar wees in die land. |
23 |
Daarna het hy vandaar opgetrek na Bers,ba. |
24 |
En die HERE het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek is die God van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder ter wille van Abraham, my kneg. |
25 |
Toe bou hy daar 'n altaar, en hy het die Naam van die HERE aangeroep en daar sy tent opgeslaan; en die dienaars van Isak het daar 'n put gegrawe. |
26 |
Daarop kom Abim,leg na hom van Gerar af, saam met Ahussat, sy vriend, en Pigol, sy leërowerste. |
27 |
En Isak het hulle gevra: Waarom het julle na my gekom terwyl julle my haat en my van julle af weggestuur het? |
28 |
Toe antwoord hulle: Ons het duidelik gesien dat die HERE met jou is. Daarom het ons gedink: Laat daar tog 'n eed tussen ons wees, tussen ons en jou; en laat ons 'n verbond met jou sluit: |
29 |
jy moet ons geen kwaad doen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het. Jy is nou eenmaal die geseënde van die HERE. |
30 |
Toe berei hy vir hulle 'n maaltyd, en hulle het geëet en gedrink. |
31 |
En hulle is die môre vroeg op en het vir mekaar 'n eed gesweer. Daarop het Isak hulle laat gaan, en hulle het in vrede van hom af weggetrek. |
32 |
Dieselfde dag kom toe die dienaars van Isak en vertel hom van die put wat hulle gegrawe het, en sê vir hom: Ons het water gekry. |
33 |
En hy het dit Seba genoem. Daarom is die naam van die stad Bers,ba tot vandag toe. |
34 |
Toe Esau veertig jaar oud was, het hy Judit, die dogter van Beëri, die Hetiet, vir hom as vrou geneem, en Basmat, die dogter van Elon, die Hetiet. |
35 |
En hulle was vir Isak en Rebekka 'n bitter verdriet.
|
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Genese 26:1 |
Genese 26:2 |
Genese 26:3 |
Genese 26:4 |
Genese 26:5 |
Genese 26:6 |
Genese 26:7 |
Genese 26:8 |
Genese 26:9 |
Genese 26:10 |
Genese 26:11 |
Genese 26:12 |
Genese 26:13 |
Genese 26:14 |
Genese 26:15 |
Genese 26:16 |
Genese 26:17 |
Genese 26:18 |
Genese 26:19 |
Genese 26:20 |
Genese 26:21 |
Genese 26:22 |
Genese 26:23 |
Genese 26:24 |
Genese 26:25 |
Genese 26:26 |
Genese 26:27 |
Genese 26:28 |
Genese 26:29 |
Genese 26:30 |
Genese 26:31 |
Genese 26:32 |
Genese 26:33 |
Genese 26:34 |
Genese 26:35 |
|
|
|
|
|
|
Genese 1 / Gen 1 |
Genese 2 / Gen 2 |
Genese 3 / Gen 3 |
Genese 4 / Gen 4 |
Genese 5 / Gen 5 |
Genese 6 / Gen 6 |
Genese 7 / Gen 7 |
Genese 8 / Gen 8 |
Genese 9 / Gen 9 |
Genese 10 / Gen 10 |
Genese 11 / Gen 11 |
Genese 12 / Gen 12 |
Genese 13 / Gen 13 |
Genese 14 / Gen 14 |
Genese 15 / Gen 15 |
Genese 16 / Gen 16 |
Genese 17 / Gen 17 |
Genese 18 / Gen 18 |
Genese 19 / Gen 19 |
Genese 20 / Gen 20 |
Genese 21 / Gen 21 |
Genese 22 / Gen 22 |
Genese 23 / Gen 23 |
Genese 24 / Gen 24 |
Genese 25 / Gen 25 |
Genese 26 / Gen 26 |
Genese 27 / Gen 27 |
Genese 28 / Gen 28 |
Genese 29 / Gen 29 |
Genese 30 / Gen 30 |
Genese 31 / Gen 31 |
Genese 32 / Gen 32 |
Genese 33 / Gen 33 |
Genese 34 / Gen 34 |
Genese 35 / Gen 35 |
Genese 36 / Gen 36 |
Genese 37 / Gen 37 |
Genese 38 / Gen 38 |
Genese 39 / Gen 39 |
Genese 40 / Gen 40 |
Genese 41 / Gen 41 |
Genese 42 / Gen 42 |
Genese 43 / Gen 43 |
Genese 44 / Gen 44 |
Genese 45 / Gen 45 |
Genese 46 / Gen 46 |
Genese 47 / Gen 47 |
Genese 48 / Gen 48 |
Genese 49 / Gen 49 |
Genese 50 / Gen 50 |