1 |
So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag. |
2 |
En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. |
3 |
En God het die sewende dag geseënen dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak. |
4 |
Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het, |
5 |
was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie. |
6 |
Maar 'n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig. |
7 |
En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel geword. |
8 |
Ook het die HERE God 'n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, 'n plek gegee. |
9 |
En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad. |
10 |
En daar het 'n rivier uit Eden uitgegaan om die tuin nat te maak; en daarvandaan is dit verdeel en het vier lope geword. |
11 |
Die naam van die eerste is die Pison. Dit is hy wat om die hele land H wila loop waar die goud is. |
12 |
En die goud van die land is goed. Daar is ook balsemgom en onikssteen. |
13 |
En die naam van die tweede rivier is die Gihon. Dit is hy wat om die hele land Kus loop. |
14 |
En die naam van die derde rivier is die Hidd,kel. Dit is hy wat oos van Assur loop. En die vierde rivier is die Frat. |
15 |
Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak. |
16 |
En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, |
17 |
maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe. |
18 |
Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas. |
19 |
En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees. |
20 |
So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie. |
21 |
Toe het die HERE God 'n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak. |
22 |
En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot 'n vrou en bring haar na die mens. |
23 |
Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem. |
24 |
Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees. |
25 |
En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.
|
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Genese 2:1 |
Genese 2:2 |
Genese 2:3 |
Genese 2:4 |
Genese 2:5 |
Genese 2:6 |
Genese 2:7 |
Genese 2:8 |
Genese 2:9 |
Genese 2:10 |
Genese 2:11 |
Genese 2:12 |
Genese 2:13 |
Genese 2:14 |
Genese 2:15 |
Genese 2:16 |
Genese 2:17 |
Genese 2:18 |
Genese 2:19 |
Genese 2:20 |
Genese 2:21 |
Genese 2:22 |
Genese 2:23 |
Genese 2:24 |
Genese 2:25 |
|
|
|
|
|
|
Genese 1 / Gen 1 |
Genese 2 / Gen 2 |
Genese 3 / Gen 3 |
Genese 4 / Gen 4 |
Genese 5 / Gen 5 |
Genese 6 / Gen 6 |
Genese 7 / Gen 7 |
Genese 8 / Gen 8 |
Genese 9 / Gen 9 |
Genese 10 / Gen 10 |
Genese 11 / Gen 11 |
Genese 12 / Gen 12 |
Genese 13 / Gen 13 |
Genese 14 / Gen 14 |
Genese 15 / Gen 15 |
Genese 16 / Gen 16 |
Genese 17 / Gen 17 |
Genese 18 / Gen 18 |
Genese 19 / Gen 19 |
Genese 20 / Gen 20 |
Genese 21 / Gen 21 |
Genese 22 / Gen 22 |
Genese 23 / Gen 23 |
Genese 24 / Gen 24 |
Genese 25 / Gen 25 |
Genese 26 / Gen 26 |
Genese 27 / Gen 27 |
Genese 28 / Gen 28 |
Genese 29 / Gen 29 |
Genese 30 / Gen 30 |
Genese 31 / Gen 31 |
Genese 32 / Gen 32 |
Genese 33 / Gen 33 |
Genese 34 / Gen 34 |
Genese 35 / Gen 35 |
Genese 36 / Gen 36 |
Genese 37 / Gen 37 |
Genese 38 / Gen 38 |
Genese 39 / Gen 39 |
Genese 40 / Gen 40 |
Genese 41 / Gen 41 |
Genese 42 / Gen 42 |
Genese 43 / Gen 43 |
Genese 44 / Gen 44 |
Genese 45 / Gen 45 |
Genese 46 / Gen 46 |
Genese 47 / Gen 47 |
Genese 48 / Gen 48 |
Genese 49 / Gen 49 |
Genese 50 / Gen 50 |