1 |
Kinders, luister na my! Gee aandag aan julle pa se vermaning. Slaan ag daarop sodat julle insig kan kry. |
2 |
Die opvoeding wat ek julle gee, is van hoë gehalte. Moenie my onderrig ignoreer nie. |
3 |
Ek was self ook ’n kind van my pa, die enigste oogappel van my ma. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
Kinders, julle moet luister wanneer julle pa vir julle leer, julle moet luister, sodat julle kan weet wat om te doen, |
2 |
want dit is goeie dinge wat ek vir julle leer, julle moet aanhou doen wat ek vir julle sê. |
3 |
Want ek was ook voorheen 'n kind, ek was jonk, en my ouers was lief vir my. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
Jong vriend, luister na ouer gelowiges met baie kennis van die lewe. Doen jou bes om die regte dinge te leer. |
2 |
Ek wil jou goeie raad vir die lewe gee, kennis wat jy nooit moet vergeet nie. |
3 |
Ek was ook eenmaal jonk en sonder kennis. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
Kinders, neem die opvoeding wat 'n vader julle gee, ter harte; slaan daarop ag, sodat julle kan leer wat insig is, |
2 |
want wat ek julle leer, is goed; moenie die onderrig wat ek gee, versmaai nie. |
3 |
Ek was ook eenkeer 'n kind, my moeder se oogappel, haar enigste. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
Hoor, julle seuns, na die tug van die vader, en luister om insig te leer ken; |
2 |
want ek gee aan julle goeie lering, verlaat my onderwysing nie. |
3 |
Want toe ek 'n seun was by my vader, teer en 'n enigste voor my moeder, |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|