1 |
Die Here het al die volgende voorskrifte gegee: |
2 |
“Ek is die Here jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy ’n slaaf was. |
3 |
“Jy mag nie nog ander gode buiten My aanbid nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
God het gesê: |
2 |
“Ek is jou God die Here. Ek het jou uit Egipte gebring, uit die plek waar jy 'n slaaf was. |
3 |
“Jy mag nie ander gode aanbid nie. Ek is die enigste God. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
Die Here het die volgende reëls vir sy ooreenkoms met die volk gegee: |
2 |
“Ek is die Here. Ek is jou God. Ek het jou uit Egipte bevry waar jy slawewerk gedoen het. |
3 |
Net Ek mag jou God wees. Jy mag nie ander gode hê nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
Toe het God al hierdie gebooie aangekondig: |
2 |
“Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. |
3 |
Jy mag naas My geen ander gode hê nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê: |
2 |
Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. |
3 |
Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|