16 |
“Ek is dan saam met jou!” het die Here vir hom gesê. “Jy sal al die Midianiete verslaan asof jy net teen een man veg.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
16 |
Die Here het vir Gideon gesê: “Jy sal dit doen omdat Ek by jou sal wees. Jy sal die Midianiete oorwin. Dit sal so maklik wees soos wanneer jy teen een man veg.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
16 |
Toe sê die Here: “Jy kan hulle red, want Ek gaan jou help. Jy sal die Midianiete so maklik verslaan asof dit net een mens is teen wie jy baklei.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
16 |
Die Here het hom geantwoord: “Ek is by jou, en jy sal die Midianiete verslaan asof hulle nie meer as een is nie.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
16 |
Toe sê die HERE vir hom: Ek sal met jou wees, sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|