5 |
En nou dat die moeilikheid oor jou gekom het, is jy verslae, noudat dit jou getref het, is jy gebroke. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
5 |
Maar nou gaan dit sleg met jóú, en nou is jy moedeloos, nou gebeur dit met jou, en nou is jy bang. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
5 |
Maar noudat die probleme na jou kant toe gekom het, kan jy dit nie verdra nie. Noudat dit jou raak, is jy platgeslaan. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
5 |
Nou het die ramp jou getref, en jy is platgeslaan; dit het jou oorgekom, en jy is verslae. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
5 |
Maar nou dat dit jou oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jou tref, is jy verslae! |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|