Instagram
English
A A A A A

Handelinge 24

23
Hy het die offisier oor honderd man beveel om Paulus nog aan te hou, maar hom spesiale behandeling te gee en sy eie mense nie te verhoed om vir hom te sorg nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

23
Toe het Feliks vir die hoof-offisier gesê dat Paulus in die tronk moes bly, maar hy het gesê die soldate moenie baie kwaai wees met Paulus nie. Hy het gesê dat Paulus se vriende hom mag besoek en dat hulle vir hom alles mag bring wat hy nodig het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

23
Daarna het Feliks een van sy kapteins beveel om Paulus weer te laat opsluit. Hy het Paulus nou egter heelwat meer vryhede toegelaat en sy vriende kon hom besoek.
Afrikaanse Bybel DB 2006

23
Hy het die kaptein beveel om Paulus nog aan te hou, maar om hom minder streng te behandel en sy mense ook toe te laat om vir hom te sorg.
Afrikaanse Bybel 1983

23
En hy het die hoofman oor honderd beveel om Paulus te bewaak, maar dat hy verligting moes hê, en dat hy niemand van sy eie mense moes verhinder om hom te bedien of te besoek nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953