36 |
Dan sal jou nageslag voor sy nageslag kom buig en vir geld of ’n stukkie brood bedel. Hulle sal sê: ‘Gee ons asseblief werk in een van die priesterordes sodat ons kos kan hê om te eet.’” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
36 |
Elkeen in jou familie wat aanhou lewe, sal voor my priester kom buig om 'n bietjie geld of 'n klein broodjie te kry. Hy sal vra: ‘Laat my asseblief 'n priester wees, sodat ek 'n bietjie kos kan hê om te eet.’ ” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
36 |
Elkeen wat van jou familie oorbly, sal voor my priester gaan kniel vir ’n bietjie geld en ’n broodjie en vir hom sê: ‘Deel my asseblief in by een van die priestergroepe sodat ek tog ook iets kan hê om te eet.’” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
36 |
Maar elkeen wat uit jou familie oorbly, sal voor my priester kom buig vir 'n geldstukkie of 'n snytjie brood en sê: Neem my tog op in een van die priesterordes dat ek 'n stukkie brood kan hê om te eet!” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
36 |
En almal wat in jou huis oorbly, sal kom om hulle voor hom neer te buig vir 'n geldstukkie en 'n broodjie, en hulle sal sê: Voeg my tog by een van die priesterordes, dat ek 'n stukkie brood kan eet. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|