31 |
Kyk, daar kom ’n tyd wanneer Ek die priesterskap van jou nageslag en die nageslag van jou pa sal wegneem. Niemand in jou pa se huis sal oud word nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
31 |
Daar sal 'n dag kom wanneer jy en jou familie nie meer priesters sal wees nie, en niemand uit jou familie sal 'n leier wees nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
31 |
“Daar kom ’n tyd wanneer Ek die mag wat jy het en die mag van jou familie gaan kortknip, almal in jou familie sal jonk doodgaan. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
31 |
Daar kom 'n tyd dat Ek die priesterskap van jou en jou familie af sal wegvat, en in jou familie sal niemand oud word nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
31 |
Kyk, die dae kom dat Ek jou arm en die arm van jou vader se huis sal afkap, sodat daar geen bejaarde in jou huis sal wees nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|