3 |
“Hou op om so hoogmoedig en trots te wees! Moenie met sulke verwaandheid praat nie! Die Here is ’n God wat weet van al jou dade; Hy sal jou oordeel volgens wat jy gedoen het. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
3 |
Julle moenie aanhou spog nie, julle moenie teen die Here praat nie, want die Here weet alles en Hy toets alles wat 'n mens doen. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
3 |
Mense moet ophou met hulle grootpratery, met hulle astrante woorde. Die Here weet alles; Hy kyk wat die mense doen. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
3 |
“Julle moenie in hoogmoed bly praat nie, moenie aanmatigende dinge sê nie, want die Here is 'n God van diepe kennis, dade word deur Hom getoets. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
3 |
Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want die HERE is 'n God van diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|