20 |
God se Engel sê toe vir Gideon: “Vat die vleis en die brood en sit dit op hierdie rots neer. Gooi die sous daaroor uit.” Gideon het so gemaak. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
20 |
het die Engel van God vir hom gesê: “Sit die vleis en die brood daar op die rots en gooi die sous daaroor.” Gideon het dit gedoen. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
20 |
Toe hy daar kom, sê die Engel van God vir hom: “Sit die vleis en die brood op die rots neer en gooi die sous daaroor uit.” Gideon het dit gedoen. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
20 |
sê die Engel van God vir Gideon: “Vat die vleis en die brood sonder suurdeeg en sit dit op hierdie rots en gooi die sous daaroor.” Hy het so gemaak, |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
20 |
Maar die Engel van God het vir hom gesê: Neem die vleis en die ongesuurde koeke, en sit dit op hierdie rots neer en gooi die sous daaroor uit. En hy het so gedoen. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|