2 |
Hulle het na Bet-El toe gegaan en die hele dag lank daar voor God hardop staan en huil. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
2 |
Ná die oorlog teen die Benjamin-mense het die Israeliete na die stad Bet-El gegaan en hulle het daar tot die aand voor God gesit en aangehou om hard te huil. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
2 |
Hulle is toe na Bet-El toe. Daar het hulle tot in die aand in die teenwoordigheid van die Here gesit. Hulle het lank daar gesit en bitterlik gehuil en gesê: |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
2 |
Die volk het by Bet-El gekom. Daar het hulle tot die aand toe in die teenwoordigheid van God gesit. Hulle het lank daar gesit en hard gehuil. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
2 |
En toe die manskappe in Bet-el kom, het hulle daar gebly tot die aand toe voor die aangesig van God en hulle stem verhef en geween met 'n groot geween |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|