10 |
Een van julle kan selfs duisend van hulle op loop jaag, want die Here julle God veg aan julle kant. Dit is wat Hy julle beloof het. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
10 |
Een van julle manne kan 1 000 vyande jaag, want julle God die Here, Hy self het vir julle gehelp om oorlog te maak, Hy het dit vir julle belowe. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
10 |
Een van julle sou genoeg wees om ’n oormag aan te durf, nie omdat julle so sterk is nie, maar omdat die Here julle God aan julle kant is, net soos Hy belowe het. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
10 |
Een van julle jaag 'n duisend op loop, want dit is die Here julle God wat die oorlog vir julle voer soos Hy julle beloof het. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
10 |
Een man uit julle het duisend agtervolg; want die HERE julle God, Hy het vir julle gestry soos Hy julle beloof het. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|