15 |
Alles wat die Here sy dienaar Moses beveel het, en wat Moses weer vir Josua opgedra het, het Josua gedoen. Hy het nêrens van enigiets wat die Here Moses beveel het, afgewyk nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
15 |
Die Here het voorheen vir Moses gesê wat hy moet doen, en Moses het vir Josua gesê om dit te doen. Josua het alles gedoen wat die Here vir Moses gesê het. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
15 |
Die opdragte wat die Here vir Moses sy dienaar gegee het, het Moses net so aan Josua oorgedra. Josua het dit alles stiptelik uitgevoer. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
15 |
Wat die Here sy dienaar Moses beveel het, het Moses vir Josua beveel, en dit het Josua gedoen. Niks wat die Here vir Moses beveel het, is nagelaat nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
15 |
Soos die HERE Moses, sy kneg, beveel het, so het Moses aan Josua bevel gegee, en so het Josua gehandel; hy het niks nagelaat van alles wat die HERE Moses beveel het nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|