5 |
“Maar hulle het teen Hom skandelik opgetree. Wie so maak, is hulle nog sy kinders? Hulle is ’n vals en verdraaide geslag. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
5 |
Maar sy volk het ontrou geword aan Hom, hulle is nie meer sy kinders nie, hulle is onrein en vals, hulle kan net verkeerd doen, nie reg nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
5 |
“Israel het Hom al wie weet hoeveel maal in die steek gelaat. ’n Mens kan daarom vra: Is hulle nog regtig sy kinders? Kan Hy hulle nog enigsins gebruik om vir Hom iets te doen? Hulle is regtig ’n slegte spul mense, goed vir niks! |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
5 |
“Israel is ontrou aan die Here, nie meer sy kinders nie, nie geskik vir sy diens nie, vals en korrup. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
5 |
Hulle het verderflik teen Hom gehandel -- die wat sy seuns nie was nie, maar hulle skandvlek -- 'n verkeerde en verdraaide geslag. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|