8 |
Die skare het oproerig geword en van Pilatus begin eis om soos gewoonlik ’n gevangene vry te laat. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
8 |
'n Groot klomp mense het na Pilatus toe gegaan en hulle het vir hom gevra om weer iemand uit die tronk te laat kom, soos hy altyd gedoen het. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
8 |
Die bende het amok gemaak, die mense opgestook en selfs moord gepleeg. Die mense kom vra toe vir Pilatus wanneer hy dan soos gewoonlik ’n gevangene gaan vrylaat. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
8 |
Daar het toe juis 'n klomp mense gekom en Pilatus gevra om vir hulle te doen wat hulle van hom gewoond was. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
8 |
En die skare het geskreeu en begin vra dat hy vir hulle sou doen soos altyd. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|