18 |
“Maak gou en huil oor ons! Laat trane vloei uit julle oë. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
18 |
En die volk het gesê: “Die vroue moet gou maak en hulle moet oor ons kom treur, sodat ons oë ook vol trane kan word en ons saam kan huil.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
18 |
Hulle moet gou maak en met hulle gehuil begin. So sal hulle ons kan help om ook baie droewig te huil. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
18 |
Hulle moet gou maak en 'n klaaglied oor ons sing, sodat die trane uit ons oë loop, ons oë nat is van die trane. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
18 |
en laat hulle gou maak en oor ons 'n weeklag aanhef, sodat ons oë afloop in trane en ons ooglede stroom van water. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|