11 |
“Daarom sê die Here, die Almagtige, die God van Israel: Ek het besluit om julle almal te vernietig! Ek gaan van die hele Juda ontslae raak. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
11 |
Daarom sê Ek, die Here wat oor alles regeer, die God van Israel: Ek besluit nou dat Ek julle sal straf en dat Ek die hele Juda sal laat sterf. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
11 |
Daarom sê die Here wat die God van Israel is: “Ek het besluit om almal van julle te vernietig! Ek gaan ontslae raak van die hele Juda. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
11 |
Daarom, so sê die Here die Almagtige, die God van Israel, gaan Ek julle swaar straf en die hele Juda uitroei. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
11 |
Daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek rig my aangesig teen julle ten kwade en om die hele Juda uit te roei. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|