18 |
Maar die Here sê: “Wanneer Ek julle terugbring uit ballingskap en julle lot verander, sal Jerusalem herbou word waar nou net bouvalle is. Die paleis sal ook weer soos voorheen lyk. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
18 |
Maar Ek sal dit weer goed laat gaan met die tente van Jakob, Ek sal weer jammer wees vir hulle woonplekke. Hulle sal die stad weer bou op die heuwel wat nou net klippe is, en die paleis sal weer staan waar hy moet staan. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
18 |
Maar Ek sal Israel se omstandighede verander. Ek sal hulle terugbring na hulle ou blyplek toe omdat Ek vir hulle omgee. Jerusalem sal weer op sy ou plek gebou word. Die paleis sal ook herbou word soos dit oorspronklik gelyk het. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
18 |
So sê die Here: Ek sal die lot van Jakob se woonplekke verander, Ek sal My ontferm oor die streke waar hy woon: sy stad sal uit sy puin herbou word, sy paleis sal staan waar hy hoort. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
18 |
So sê die HERE: Kyk, Ek verander die lot van die tente van Jakob en sal My oor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die paleis sal op sy regte plek staan. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|