15 |
Waarom skreeu julle so omdat julle seerkry? Niks kan julle pyn laat verdwyn nie. Ek straf julle omdat julle so baie oortree en soveel sonde gedoen het. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
15 |
Hoekom skree julle en vra iemand moet julle help? Hoekom word julle nie gesond nie? Ek het hierdie dinge aan julle gedoen omdat julle so baie verkeerde dinge gedoen het, omdat julle sondes so baie is. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
15 |
Waarom roep julle so hard uit oor julle seerkry? Niks kan die pyn laat verdwyn nie. Ek straf julle omdat julle so baie dinge verkeerd gedoen het. Julle is deur en deur skuldig. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
15 |
Waarom skreeu jy oor jou wond, oor jou siekte wat ongeneeslik is? Ek het jou hierdie dinge aangedoen omdat jou ongeregtigheid groot is, jou sondes baie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
15 |
Wat skreeu jy vanweë jou verbreking, jou smart wat ongeneeslik is? Omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes, het Ek jou hierdie dinge aangedoen. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|