4 |
Vandat die wêreld gemaak is, het geen oor gehoor of oog ’n God gesien soos U, wat doen wat U doen vir dié wat op U vertrou nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
4 |
Ons het nooit voorheen van so iets gehoor nie, niemand het 'n ander god gesien wat hierdie dinge doen vir die mense wat in hom glo nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
4 |
Niemand het nog ooit van ’n god gehoor of een gesien wat soos U dinge laat gebeur vir hulle wat op Hom vertrou nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
4 |
Van ouds af het niemand so iets gehoor nie, het niemand so iets verneem nie, het geen oog 'n god gesien wat vir dié wat op hom vertrou, doen wat U doen nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
4 |
Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het 'n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|