24 |
Die mense sal sê: “Die Here is die bron van my reg en krag.” Almal wat kwaad vir Hom is, sal skaamkry wanneer hulle voor Hom verskyn. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
24 |
Hulle sal sê: ‘Net die Here kan mense red en sterk maak.’ Almal wat nou sê hulle is kwaad vir die Here, sal nie weet wat om te sê wanneer hulle voor Hom kom staan nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
24 |
Hulle sal erken dat hulle net by My regverdigheid en sterkte kan kry. Almal wat teen My in opstand was, sal skaam kry. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
24 |
Hulle sal sê: “Net van die Here kom daar redding en krag.” Almal wat teen Hom te kere gegaan het, sal beskaamd daarvan afkom wanneer hulle voor Hom moet verskyn. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
24 |
Hulle sal van My sê: Alleen in die HERE is volle geregtigheid en sterkte; na Hom sal hulle kom; maar hulle almal sal beskaamd staan wat op Hom toornig is. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|