12 |
Moses se skoonpa, Jetro, het toe ’n brandoffer voorberei en vir die Here geoffer. Aäron en al die oudste mans het gekom en saam met Jetro ’n offerete tot eer van God geëet. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
12 |
Jetro, Moses se skoonpa, het 'n brand-offer en ander offers vir God gebring. Aäron en al die leiers van die Israeliete het gekom om die offer-ete saam met Moses se skoonpa te eet. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
12 |
Moses se skoonpa, Jetro, het toe ’n offer wat verbrand word en ook gewone offers van diere wat geslag word, vir God gebring. Aäron en die leiers van Israel het ook gekom en saam met hom die offer-ete geëet waarmee hulle die Here geloof en grootgemaak het. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
12 |
Jetro, Moses se skoonpa, het brandoffers en ander diereoffers vir God gebring, en daarna het Aäron en al die Israelitiese leiers gekom om saam met Moses se skoonpa aan die offermaaltyd deel te neem. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
12 |
Daarop het Jetro, Moses se skoonvader, 'n brandoffer en slagoffers geneem tot eer van God. En A„ron en al die oudstes van Israel het gekom om saam met Moses se skoonvader brood te eet voor die aangesig van God. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|