16 |
Hy was nog besig met dié droewige verhaal toe ’n ander man by Job aankom met die nuus: “Weerlig het van God af uit die hemel geslaan* en al u skape en al die skaapwagters doodgeslaan. Ek is die enigste een wat oorleef het om dit vir u te vertel.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
16 |
Terwyl die slaaf besig was om te praat, kom daar 'n ander slaaf en hy sê: “Die weerlig het die skape en die bokke doodgeslaan, en ook die slawe wat by hulle was. Net ek het vry weggekom om dit vir jou te kom vertel.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
16 |
Terwyl die man nog besig was om te praat, het daar ’n tweede boodskapper met nog nuus aangekom. Hy het gesê: “Die weerlig het geslaan en al die skape en die wagters is raak geslaan. Hulle is op die plek dood. Ek is die enigste een wat oorleef het om vir u te kom vertel wat daar gebeur het.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
16 |
Hy was nog aan die praat, toe kom daar nog een met die nuus: “Weerlig het die kleinvee en hulle wagters doodgeslaan en verbrand. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
16 |
Terwyl die een nog spreek, kom daar 'n ander een en sê: Die vuur van God het van die hemel geval en gebrand onder die kleinvee en onder die dienaars, en dit het hulle verteer; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|