3 |
Maar God het vir my gesê: ‘Jy mag nie ’n tempel bou om my Naam te eer nie, want jy is ’n soldaat wat baie bloed vergiet het.’ |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
3 |
Maar God het vir my gesê: ‘Jy mag nie vir My 'n tempel bou nie, want jy het oorlog gemaak en jy het mense doodgemaak.’ |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
3 |
het God vir my gesê: ‘Jy moenie ’n huis bou om my Naam te vereer nie, want jy is ’n soldaat wat baie mense doodgemaak het.’ |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
3 |
maar God het vir my gesê: ‘Jy sal nie vir my Naam 'n huis bou nie, want jy is 'n man van baie oorloë en jy het baie bloed vergiet.’ |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
3 |
Maar God het aan my gesê: Jy mag vir my Naam nie 'n huis bou nie, want jy is 'n man van oorloë, en jy het bloed vergiet. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|