3 |
Toe koning Hadad-Eser van Soba uitmarsjeer het om sy mag al langs die Eufraat te versterk, het Dawid ook die soldate van Hadad-Eser tot so ver as Hamat verslaan. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
3 |
Dawid het na die Eufraat-rivier gegaan om sy gedenksteen weer regop te sit. Hy het vir Hadad-Eser seun van Regob oorwin. Hadad-Eser was die koning van die land Soba naby die stad Hamat. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
3 |
Dawid het ook vir Hadad-Eser van Soba tot so ver as Hamat verslaan. Hadad-Eser was juis op pad om sy greep op die gebied langs die Eufraatrivier te versterk. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
3 |
Toe Dawid sy mag aan die Eufraat gaan herstel het, het hy vir koning Hadad-Eser van Soba in die rigting van Hamat verslaan. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
3 |
Dawid het ook Hadaréser, die koning van Soba, na Hamat toe verslaan, toe hy getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te bevestig. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|