20 |
Toe stuur Jesaja seun van Amos die volgende boodskap aan Hiskia: “Dis wat die Here, die God van Israel, sê: Ek het jou gebed oor koning Sanherib van Assirië gehoor. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
20 |
Jesaja seun van Amos het vir Hiskia 'n boodskap gestuur. Jesaja het gesê: “Die Here, die God van Israel, sê Hy het gehoor wat jy gebid het oor Sanherib, die koning van Assirië. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
20 |
Jesaja het toe vir Hiskia laat weet: “Die Here sê Hy het gehoor wat jy Hom oor Sanherib, die Assiriese koning, gevra het. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
20 |
Jesaja seun van Amos het vir Hiskia 'n boodskap gestuur: “So sê die Here die God van Israel: Ek het jou gebed oor koning Sanherib van Assirië verhoor. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
20 |
Toe laat Jesaja, die seun van Amos, Hisk¡a weet: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat jy tot My gebid het insake S nherib, die koning van Assirië, het Ek gehoor. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|