8 |
“U weet dat u pa en sy manne dapper vegters is en op hierdie oomblik so aggressief is soos ’n beer wat van haar kleintjies beroof is. Onthou tog dat u pa ’n deurwinterde soldaat is. Hy sal nie by sy troepe oornag nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
8 |
Jy ken jou pa en sy manne. Hulle kan goed veg en hulle is nou so kwaad soos 'n beer-wyfie in die veld wanneer iemand haar kleintjies doodgemaak het. Jou pa is 'n man wat baie weet van oorlog, hy sal nie by die ander mense slaap nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
8 |
U ken u pa en sy manne: hulle is baie dapper en hulle is nou so kwaai soos ’n wilde beer wie se kleintjies afgeneem is. U pa is ’n ou soldaat: hy sal nie vannag by die manskappe slaap nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
8 |
U ken tog u vader en sy manskappe. Hulle is dapper vegters en hulle is boonop verbitter soos 'n beer wat in die veld van haar kleintjies beroof is. Daarby is u vader 'n uitgeslape krygsman. Hy sal nie by die volk oornag nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
8 |
Verder het Husai gesê: U weet dat u vader en sy manne helde is en bitter van siel soos 'n beer wat van haar kleintjies beroof is in die veld; ook is u vader 'n krygsman, en hy sal nie by die volk vernag nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|