22 |
Dawid en al sy mense het daardie nag nog deur die Jordaanrivier getrek sodat hulle almal teen dagbreek aan die ander kant was. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
22 |
Dawid en al die mense wat by hom was, het gereedgemaak en hulle het deur die Jordaan-rivier begin gaan. Hulle het aangehou om deur te gaan totdat dit lig geword het. Almal was toe deur die Jordaan-rivier. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
22 |
Dawid en al die mense by hom het daardie nag nog deur die Jordaanrivier getrek. Die volgende môre toe dit lig word, was almal deur die rivier. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
22 |
Die koning en die hele volk by hom het klaargemaak en deur die Jordaan getrek tot ligdag, totdat almal deur die Jordaan was. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
22 |
Daarop het Dawid hom klaargemaak, en al die mense wat by hom was, en die Jordaan deurgetrek. Teen dat dit die môre lig geword het, het selfs nie een ontbreek wat nie die Jordaan deurgetrek het nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|