22 |
Joab het in eerbetoon voor die koning op die grond neergeval en gesê: “Die Here seën u. Nou weet ek dat u goedgesind is teenoor my, want u het my versoek toegestaan.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
22 |
Joab het gebuig met sy gesig teen die grond en hy het die koning geprys en gesê: “Meneer die koning, vandag weet ek dat jy van my hou, want jy doen wat ek gevra het.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
22 |
Joab het op sy knieë gaan staan en met sy gesig teen die grond gebuig. Hy het vir die koning baie dankie gesê. Hy het verder gesê: “U Majesteit, ek weet nou dat u vir my omgee, want u doen wat ek gevra het.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
22 |
Joab het voor die koning op sy knieë geval en gebuig. Hy het die koning geprys met die woorde: “Vandag weet ek dat u my goedgesind is, want u het gedoen wat ek gevra het.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
22 |
Daarop val Joab op sy aangesig op die grond en hy buig hom neer en seën die koning. En Joab sê: Vandag weet u dienaar dat ek guns in u oë gevind het, my heer die koning, omdat die koning die wens van sy dienaar uitvoer. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|