14 |
Almal van ons moet een of ander tyd sterf. Ons lewens is soos water wat op die grond gestort is en nie weer herwin kan word nie. Maar God wil nie ’n lewe neem nie. Hy beraam planne sodat die verstoteling nie van Hom verstote sal bly nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
14 |
Ons moet almal sterf, ons is soos water wat op die grond val en wat niemand weer kan bymekaarmaak nie. Maar God wil nie graag iemand laat sterf nie, Hy wil graag hê dat iemand wat moes weggaan van Hom, weer moet terugkom. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
14 |
“Ons sal almal eendag doodgaan. ’n Mens kan iemand wat dood is nie weer terugbring nie. Dis soos wanneer ’n mens water op die grond uitgooi; jy kan dit nie weer terugkry nie. God vergewe nie sommer moord nie, maar Hy wil tog hê dat iemand wat ’n balling is, weer na Hom en sy volk moet terugkom. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
14 |
Ons sal almal sterf en soos water wees wat op die grond uitgegooi is en nie weer bymekaargemaak kan word nie. God wil geen lewe neem nie, Hy berei 'n weg om die voortvlugtige nie te verstoot nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
14 |
Want ons moet eenmaal sterwe en soos water wees wat uitgegooi word op die grond, wat 'n mens nie weer kan versamel nie; en God neem die lewe nie weg nie, maar Hy koester gedagtes om 'n verstotene nie van Hom af te stoot nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|