32 |
Daarna stuur hulle die bloedbesmeerde kleed na hulle pa toe. “Ons het dit in die veld gekry,” sê hulle. “Is dit nie dalk Josef s’n nie?” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
32 |
Toe stuur hulle sy rok na hulle pa toe en hulle laat weet vir hom: “Ons het hierdie rok opgetel. Kyk of dit miskien jou seun Josef se rok is.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
32 |
Toe het die broers die kleed met die baie kleure en lang moue na hulle pa toe geneem en vir hom gesê: “Pa, ons het dit gekry. Kyk mooi of dit nie dalk Josef se klere is nie.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
32 |
Toe stuur hulle Josef se klere met 'n boodskap vir hulle pa: “Ons het dít opgetel. Kyk of dit dalk u seun se klere is.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
32 |
en hulle stuur die lang rok weg en laat dit na hulle vader bring met die woorde: Dit het ons gevind. Kyk tog goed of dit die rok van u seun is of nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|