A A A A A
Romeine 16
4
Wat meer is, hulle het hulle lewens vir my op die spel geplaas. Dis nie net ek wat hulle dankbaar bly nie, maar ook al die gemeentes onder die nie-Joodse nasies.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
Hulle het my lewe gered, maar hulle het toe amper self gesterf. Ek en die gemeentes van die heidene sê dankie dat hulle my lewe gered het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Hulle het baie hard saam met my gewerk om die goeie nuus oor Christus Jesus uit te dra. Hulle was selfs bereid om hulle lewens vir my te waag. Natuurlik is ek nie die enigste persoon wat dankbaar is oor alles wat hierdie egpaar doen nie. In al die gemeentes waar mense uit ander volke bymekaarkom, is daar groot waardering vir Priscilla en Akwila.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
wat hulle lewe vir my gewaag het. Dit is nie net ek wat hulle dankbaar bly nie, maar ook al die gemeentes onder die heidennasies.
Afrikaanse Bybel 1983

4
wat vir my hulle lewe gewaag het; nie ek alleen dank hulle nie, maar ook al die gemeentes van die heidene.
Afrikaanse Bybel 1933/1953