A A A A A
Romeine 16
20
Die God van vrede sal Satan binnekort onder julle voete verpletter. Mag die genade van ons Here Jesus met julle wees.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

20
God wat vrede gee, sal gou die Satan oorwin, en julle sal oor die Satan regeer. Ek bid dat ons Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

20
Ek het goeie nuus vir julle: ons wonderlike God wat aan ons almal sy vrede gee, gaan Satan binnekort onder julle voete fyn en flenters trap. Tot op daardie dag sal ons Here Jesus Christus met sy goedheid by julle wees.
Afrikaanse Bybel DB 2006

20
God wat vrede gee, sal die Satan spoedig onder julle voete verpletter. Die genade van ons Here Jesus is by julle!
Afrikaanse Bybel 1983

20
En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.
Afrikaanse Bybel 1933/1953