A A A A A
Romeine 16
18
Sulke mense dien nie vir Christus ons Here nie, maar hulle eie persoonlike belange. Deur hulle mooipraatjies en vleitaal mislei hulle naïewe mense.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

18
Hulle dien nie vir Christus die Here nie, hulle dink net aan dit wat hulle self wil hê. Hulle sê baie mooi dinge, en so verlei hulle die mense wat min weet.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

18
Hierdie mense maak net asof hulle Christene is, maar hulle stel glad nie daarin belang om ons Here Jesus te dien nie. Nee, hulle dien net hulle eie siek begeertes. Hulle gebruik mooi woorde en vleitaal om onskuldige gelowiges deurmekaar te maak.
Afrikaanse Bybel DB 2006

18
Sulke mense dien nie Christus ons Here nie, maar hulle eie drifte en drange, en met al hulle mooipraatjies en vleitaal mislei hulle die liggelowige mense.
Afrikaanse Bybel 1983

18
Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.
Afrikaanse Bybel 1933/1953