A A A A A
Romeine 15
4
Ons moet leer uit wat al lank gelede reeds in die Skrif opgeteken is. Die standvastigheid en die bemoediging wat die Skrif aan ons gee, help ons om aan ons toekomsverwagting te bly vashou.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
Want alles wat in die Ou Testament geskryf is, is voorheen geskryf om vir ons te leer, sodat ons kan aanhou glo. Dit is geskryf om ons te help en te bemoedig. Dan sal ons seker weet dat God ons sal red.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Alles wat in die Bybel opgeteken is, is neergeskryf om ons te leer. Die Bybel versterk ons geloof en moedig ons aan sodat ons elke dag kan uitsien na die terugkoms van die Here.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.
Afrikaanse Bybel 1983

4
Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.
Afrikaanse Bybel 1933/1953