A A A A A
Romeine 15
31
Worstel saam met my op julle knieë voor God dat Hy my sal red uit die hande van die ongelowige Jode in Jerusalem en dat die gelowiges daar positief sal wees oor die kollekte wat ek vir hulle bring.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

31
Daar is mense in die provinsie Judea wat nie in Christus glo nie, en hulle wil slegte dinge doen aan my. Daarom moet julle bid dat God my sal beskerm teen hulle. Julle moet ook bid dat God sal help dat die gelowiges in Judea tevrede sal wees met die werk wat ek daar gaan doen.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

31
Julle moet baie ernstig vir God vra om my te beskerm teen al die ongelowiges daar in Judea. Bid ook dat die Christene in Jerusalem hierdie geldelike bydrae wat ek na hulle toe vat, sal aanvaar.
Afrikaanse Bybel DB 2006

31
dat God my veilig mag hou tussen al die ongelowiges in Judea en dat my hulp aan Jerusalem aanvaarbaar mag wees vir die gelowiges daar.
Afrikaanse Bybel 1983

31
dat ek verlos mag word van die ongehoorsame mense in Judia en dat my diensbetoning aan Jerusalem aanneemlik mag wees vir die heiliges,
Afrikaanse Bybel 1933/1953